Polisieman verdrink ná hy verdagte agterna sit in Noordwes

Die konstabel, verbonde aan die Phokeng polisiestasie, is as ‘n dapper en toegewyde lid beskryf deur die provinsiale polisiekommissaris.

’n Jong polisieman verbonde aan die Sigbare Polisiëring Misdaadvoorkomingseenheid in Phokeng, het Woensdag verdrink in ‘n dam terwyl hy besig was om ‘n verdagte agterna te sit.

Konstabel Gift Mota (25) was op patrollie saam met mede polisielede toe hulle deur ‘n gemeenskapslid genader oor ‘n verdagte wat met roof en huisbraak-sake verbind word.

Noordwes polisiewoordvoerder kolonel Adele Myburgh sê die polisielede het die persoon vergesel na die Masosobane- en Raffredy-afdelings – ’n bosagtige gebied met ’n dam naby.

Nadat die verdagte opgemerk is, het die lede hom agternagesit. Hy het egter in die dam ingehardloop en die jong konstabel het hom agterna gesit. Mota het kort daarna uit sig verdwyn terwyl hy agter die verdagte aangeswem het.

Die duikeenheid is ontbied om die liggaam van die konstabel uit die dam te haal.

’n Geregtelike doodsondersoek sal gedoen word om die omstandighede rondom die voorval te ondersoek, het Myburgh bevestig.

Mota is verlede jaar in November na Phokeng oorgeplaas en was oorspronklik van Ermelo in Mpumalanga.

“Ons het ’n toegewyde polisiebeampte verloor wat die hoogste prys betaal het in die uitvoering van sy pligte terwyl hy die gemeenskap gedien en beskerm het. Konstabel Mota se dapperheid en toewyding sal nie vergeet word nie,” het Noordwes polisiekommissaris majoor-geneeral (dr) Ryno Naidoo gesê na die tragiese dood.

Naidoo, het sy innige meegevoel betuig teenoor die familie, vriende en kollegas van die konstabel Mota

Die polisie staan by sy familie in hierdie pynlike tyd en sal verseker dat hulle die nodige ondersteuning kry,” het Naidoo gesê.

Naidoo het ook ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om voort te gaan om nou saam met die polisie te werk in die stryd teen misdaad, terwyl hy ook erkenning gegee het aan die gevare wat polisielede daagliks in die uitvoering van hul pligte in die gesig staar.

Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.
Back to top button