Slagoffer toon reaksie in hospitaal ná Chubby Chick-skietery wat broer se lewe eis

Al word Deon Fourie se toestand steeds as kritiek bestempel, maak hy goeie vordering ná die skietery waarin sy broer, Johnathan, dood is.

Deon Fourie, die mededirekteur van Chubby Chick in Potchefstroom, wat op 10 November in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal in Gauteng gehaas is ná ‘n skietery wat sy broer, Johnathan, se lewe geëis het, maak nou sy oë oop en praat.

Volgens Potchefstroom Herald het Marc Trueman van Potch Old Boys gister gesê Deon se toestand word steeds as kritiek bestempel, maar hy maak goeie vordering.

“Hy het begin om te probeer praat, maak sy mond oop wanneer hy gevra word en kan af en toe ‘n woord regkry. Gister het die dokter en personeel rondom hom beweeg en gedoen wat hulle die beste doen toe Deon sy oë vir ‘n oomblik oopmaak en sê: ‘So besig’. Hy het uitstekende verpleegpersoneel en traumadokters wat vir hom sorg.”

Na wat verneem word reageer Deon ook op sy familie se teenwoordigheid en op al die geselsies wat hulle met hom het.

“Hy word baie vinnig moeg en slaap meestal. Die Fourie-familie is baie dankbaar vir al die ondersteuning wat hulle ontvang en bedank elkeen vir elke boodskap en gebed. Terwyl die mediese personeel hulle daaglikse behandeling van Deon uitvoer, word gebede hoog op prys gestel in sy reis na volle herstel.”

‘n Viering van Johnathan se lewe sal op 8 Desember om 11:00 by die Duet-gemeente in Govan Mbekistraat, Van Der Hoff Park, plaasvind. ‘n Skakel na die regstreekse uitsending sal beskikbaar wees, met die aanvang van die verrigtinge, op die Fourie’s Poultry Farms Facebook-blad.

Die voorval

Volgens inligting is ’n vergadering tussen die twee direkteure, Johnathan en Deon, en Robbert Joubert (73) ,gehou, vermoedelik oor ’n eiendomstransaksie. Ná die vergadering het Joubert glo die gebou verlaat, maar ongeveer 30 minute later teruggekeer. In daardie stadium was Deon steeds in die raadsaal en Joubert het glo die gebou binnegekom. Deon was verskeie kere geskiet, glo deur Joubert. Deon het om hulp geroep, waarna Johnathan onmiddellik gereageer en Joubert glo in die raadsaal ontmoet het, waar hy ook verskeie kere geskiet is.

Sekuriteitspersoneel het toegetree en ’n verdere skietvoorval het plaasgevind. Joubert is gewond en na ’n plaaslike hospitaal vervoer.

Joubert het twee maal in absentia in die Potcshefstroom-landdroshof versyn omdat hy in die hospitaal was en die saak is tot 11 Desember uitgestel.


Breaking news at your fingertips… Follow Caxton Network News on Facebook and join our WhatsApp channel.

Nuus wat saakmaak. Volg Caxton Netwerk-nuus op Facebook en sluit aan by ons WhatsApp-kanaal.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.
Back to top button