Local news

Chubby Chick skietery: Deon begin reageer

'n Viering van Johnathan se lewe sal in Desember gehou word.

Deon Fourie, mededirekteur van Chubby Chick in Potchefstroom, wat op 10 November in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal in Gauteng gehaas is na ‘n skietery wat sy broer, Johnathan, se lewe geëis het, maak nou sy oë oop en praat.

Marc Trueman van Potch Old Boys het Woensdag gesê Deon se kondisie word steeds as kritiek bestempel, maar hy maak goeie vordering.

“Hy het begin om te probeer praat, maak sy mond oop wanneer hy gevra word en kan af en toe ‘n woord reggekry. Gister het die dokter en personeel rondom hom beweeg en gedoen wat hulle die beste doen toe Deon sy oë vir ‘n oomblik oopmaak en sê “so besig.” Hy het uitstekende verpleegpersoneel en traumadokters wat vir hom sorg.”

Na wat verneem word reageer Deon ook op sy familie se teenwoordigheid en op al die geselsies wat hulle met hom het.

“Hy word baie vinnig moeg en slaap meestal. Die Fourie-familie is baie dankbaar vir al die ondersteuning wat hulle ontvang en bedank elkeen vir elke boodskap en gebed. Terwyl die mediese personeel hul daaglikse behandeling van Deon uitvoer, word gebede hoog op prys gestel in sy reis na volle herstel.”

‘n Viering van Johnathan Fourie se lewe sal op 8 Desember om 11:00 by die Duet-gemeente in Govan Mbekistraat, Van Der Hoff Park, plaasvind. ‘n Skakel na die regstreekse uitsending sal beskikbaar wees op Maandag, 8 Desember, met die aanvang van die verrigtinge, op die Fourie’s Poultry Farms (Chubby Chick) Facebook-blad.

‘n Viering van Johnathan se lewe sal in Desember gehou word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button