Thys die Bosveldklong sterf op die ouderdom van 49

Die geliefde grapjas-sanger, Thys die Bosveldklong, van Pretoria-Noord is gisteraand in 'n hospitaal oorlede – twee dae voor sy verjaarsdag.

Thys Streicher, beter bekend as sy verhoognaam ‘Thys die Bosveldklong’, die gewilde Afrikaanse grapjas-sanger, is gisteraand in ‘n hospitaal oorlede. Hy sou more sy 50ste verjaarsdag vier.

Die 49-jarige is reeds in 2020 met meervuldige sklerose gediagnoseer en het verskeie gesondheidsterugslae sedertdien gehad.

Die toestand tas veral spiere, spraak en beweeglikheid aan.

Volgens ‘n familie woordvoerder is Streicher gisteraand oorlede nadat hy die afgelope 13 weke in ‘n koma was.

Hy is vroeër vanjaar in ’n staatshospitaal in Ga-Rankuwa in Pretoria na die intensiewe sorgeenheid oorgeplaas nadat hy breinvliesontsteking en nierinfeksie opgedoen het.

Thys was die laaste tyd in ’n rolstoel en het by sy ma op ’n landbouhoewe in Pretoria-Noord gewoon.

Die sanger was veral bekend vir sy komiese uitbeeldings, grappige persoonlikheid en lawwe liedjies.

Van sy treffers sluit in Jaloers-Bokkie, Ek Hou Nie Van Werk Nie en In die Middel.

Hy was ook mede-aanbieder van kykNET se TV-program Net vir die Grap.

Hy het die Afri-Indie-musiekprys verlede jaar verower vir sy liedjie Blommetjie Blom wat hy in 2022 opgeneem het.

Dit was die tweede keer wat hy in dié gesogte musiekkompetisie presteer het. In 2022 het hy die Afri-Indie-musiekprys vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek gekry.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button