KYK: Ondersoek geëis na sogenaamde Sangoma-ritueel
Die video waarin die gille gehoor kan word, is aan AfriForum verskaf.
Waarskuwing: Die onderstaande video kan sensitiewe kykers ontstel.
‘n Video waarin bloedstollende en vreesaanjaende gille gehoor kan word doen die rondtes op sosiale media nadat AfriForum Jeug ‘n beroep op die Noordwes-Universiteit (NWU) gedoen het om ‘n formele ondersoek te doen nadat ’n ritueel deur ’n “sangoma” na bewering in ’n dameskoshuis in Potchefstroom plaasgevind het.”
Die video waarin die gille gehoor kan word, is aan AfriForum verskaf. Die naam van die koshuis word weerhou om die betrokke studente se identiteite te beskerm.
Die ritueel het glo Sondag, 13 April omstreeks 22:10 in ’n koshuiskamer op ’n inwoner van die koshuis uitgevoer.
Lees die vorige artikel hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-news/2025/04/15/vrees-en-angs-na-sangoma-ritueel-by-nwu-koshuis/
Video deur Pretoria FM: https://www.pretoriafm.co.za/nuus/kyk-nwu-gevra-om-sangoma-ritueel-by-potchefstroom-koshuis-te-ondersoek/



