Vliegtuig stort net buite vliegveld in Middelburg neer
Die straler het glo probleme ondervind terwyl dit besig was om op te styg.
‘n Bekende sakeman van Middelburg is tans in die hospitaal nadat sy Aero L-39 Albatros straler vanoggend net buite die Middelburg Vliegveld neergestort het.
Daar word verneem dat Ricardt Lovett se vliegtuig probleme ondervind het terwyl dit opgestyg het. Dit het toe deur die betonheining aan die weste van die vliegveld gebars en sowat 500m verder tot stilstand gekom.
Die ongeluk het omstreeks 09:30 gebeur.
Lovett is per ambulans na die Life Midmed Hospitaal vervoer waar hy tans behandel word. Daar word verneem dat hy onder andere snywonde tydens die ongeluk opgedoen het.
Lovett is ‘n lid van die Middelburg Vliegklub.
Hy word deur sy familie in die hospitaal ondersteun.
Read original story on www.citizen.co.za