Wes-Kaapse pa van ses versmoor tragies in graansilo
Irvan Hopp (28) is in 'n fratsongeluk op die plaas Karringmelksrivier in die Wes-Kaap oorlede.
Hartseertonele het Vrydagoggend op die toneel waar Irvan Hopp (28) in ‘n fratsongeluk oorlede is, afgespeel.
Hopp het vermoedelik sy balans verloor en deur ‘n opening by ‘n graangevulde silo ingeval en waarskynlik versmoor.
Die jong pa van ses klein dogters, waarvan die jongste slegs ses maande oud is, was aan diens op die plaas Karringmelksrivier in die Wes-Kaap toe hy kort voor 12:00 in die silo vol graan geval het.

Die ma van sy jongste dogter en sy tante het op die toneel in trane uitgebars en hulle moes deur familielede getroos word.
Die ambulans en ander nooddienste, asook die plaaslike polisie, was op die toneel, maar Hopp kon nie weer bygebring word nie.
Read original story on www.suidkaapforum.com