Willem Kruger: Beweerde polisieman dreig vriend met arrestasie

'n Skermgreep van 'n boodskap waarin Janneman Uys gedreig word, doen tans die rondte op sosiale media platforms.

‘n Man wat hom voordoen as ‘n polisieman het op Facebook ‘n plasing gemaak waarin hy dreig om vir Janneman Uys in hegtenis te neem.

Middelburg Observer is oor hierdie dreigboodskap ingelig en kon geen bewyse vind dat die man wel ‘n lid van die SAPD is nie.

Die boodskap lui: ’Hi Janneman, ek het vir jou k..k nuus seun. Ek stel voor jy en jou pa kom sien my voor 10 Maart. Daarna is jou warrant uit vir arrestasie, dan kan ek jou nie help nie. WhatsApp: 076 737 6614.”

Dit is nie duidelik op watter Facebookgroep James Smith die dreigboodskap gelaat het nie, maar die skermskoot van die dreigement word wyd aangestuur.

Alle aanduidings is dat die groep of blad waar die persoon die boodskap gelaat het, dit afgehaal het.

Uys, wat by die rampartytjie was waar Willem Kruger laas lewendig gesien is, is genader vir kommentaar en het die man as ‘n ‘sensasiesoeker’ uitgemaak.

  • Kruger was aanvanklik as vermis aangemeld nadat hy glo van Henbase Lodge in Morgenzon na Groblersdal op pad was.
  • Sy bakkie en lyk is later in die Vaalrivier gevind.

Uys sê hy ken glad nie die persoon nie en het dié antwoord aan die koerant gestuur: “Dit is maar een van daardie sensasiesoekers. ’n Mens moenie eers vir sulke mense lugtyd gee nie. Ek het nie eers die Facebook-plasing gelees nie, maar ek sien sy kommentaar is klaar weer verwyder. Hy is ’n suurstofdief. Baie dankie.”

  • Die Middelburg Observer en sy susterskoerant, Die Daller, asook ander nuusmedia, het in die afgelope paar jaar al verskeie berigte gedoen oor ’n man wat hom voordoen in die meeste gevalle as ‘Kaptein John Smith’ en mans afdreig.
  • In die meeste gevalle sê hy vir die mans dat daar ’n verkragtingsaak teen hulle is en hy dan die dossier kan laat ‘verdwyn’ as hulle R5 000 betaal.

Mpumalanga se polisiewoordvoerder Brigadier Selvy Mohlala het nog nie op die nuutste verwikkelinge geantwoord nie.

Na verskeie gerugte in die media dat Uys se bakkie na Kruger se dood gekonfiskeer is, het Mohlala aanvanklik voet by stuk gehou dat dit nie die geval is nie.

Hy het wel na ’n tyd toegegee dat Uys uit vryewil sy bakkie vir hulle gegee het vir ondersoek. Die bakkie is vroeg in Februarie weer vir hom teruggegee.

  • Daar is berig dat Janneman ’n diefstalklagte by die polisie aanhangig gemaak het oor ’n ring van R250 000 wat uit die bakkie verdwyn het, terwyl dit in die besit van die polisie was.
  • Mohlala het bevestig dat Janneman ’n diefstalklagte gemaak het, maar wou nie uitbrei oor spesifiek wat gesteel is nie.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button