Willem Kruger-ondersoek: GPS-stelsel wys bakkie se laaste bewegings

Afriforum se Privaatvervolgingseenheid is met die GPS-koördinate verskaf van die dag wat Kruger vermis geraak het.

Willem Kruger se bakkie se GPS-koördinate wys dat die voertuig die area naby die kroeg verlaat het en na die waterrand van die Vaalrivier gery het, waar dit gebly het tot die sein doodgegaan het.

Dit is volgens kenners ’n aanduiding dat die bakkie onder die water beland het.

Barry Bateman, die woordvoerder van Afriforum se Privaatvervolgingseenheid, het gister bevestig dat hulle ondersoekspan in besit is van die GPS-koördinate, wat deur die voertuigopsporingsmaatskappy verskaf is, wat die bewegings van Kruger se bakkie daardie oggend van sy verdwyning (13 November 2022) aandui.

“Dit vorm deel van die objektiewe feite wat die eenheid tot sy gevolgtrekking laat kom het.”

Die verklaring wat Bateman gestuur het noem dat die uitslae egter weens die swak sein nie so akkuraat is as wat dit kan wees nie.

“Ons wil ’n kenner na die toneel neem en met ’n behoorlike buite-GPS-opsporingstoestel die bewegings tot op ’n punt stipuleer.”

Hy het verder gesê dat dit dan in die dossier ingesluit sal word om die aanklaer of landdros te help met die neem van ’n besluit.

  •  Willem het in die vroeë oggendure van 13 November 2022 verdwyn tydens ’n rampartytjie van Ghini Greyling by die Henbase Lodge.
  • Gevorderde toerusting is gebruik om die Vaalrivier, wat op daardie stadium in vloed was, te deursoek. Sy bakkie, met Kruger se liggaam nog daarin, is nege dae later gevind.
  • Daar was die naweek ’n berig in die Sondagkoerant, Rapport, dat daar op vier selfone beslag gelê is van gaste wat by die rampartytjie was maar die SAPD wou dit nie bevestig of ontken nie.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button