Kompetisie vir jong pianiste te die Atterburyteater

Die jaar se kompetisie beloof om die beste nog te wees. Pryse ter waarde van R70 000 is die jaar op die spel. Kom na die Atterburyteater vir puik vermaak.

Die room van Suid-Afrika se jong pianiste gaan in Oktober weer in Pretoria saamtrek vir die derde Atterbury Nasionale Klavierkompetisie en reuse pryse is op die spel.

Die wenner van die eerste prys stap weg met ‘n kontantprys van R20 000 en dan is daar nog ‘n addisionele R50 000 se pryse op die spel vir pianiste in die verskillende ouderdomskategorieë.

Die kompetisie strek oor drie rondtes en eindig met ‘n gala-aand waartydens die top nege deelnemers teen mekaar gaan meeding in die Atterburyteater in die ooste van Pretoria.

Die beoordelaars van die kompetisie is John Roos, Benita van Blerk en prof Douglas Reed.

Atterbury Trust is weer die hoofborg vir die kompetisie.

Die drie ouderdomskategorieë waarin die pianiste gaan deelneem is 12 jaar en jonger, 15 jaar en jonger en 19 jaar en jonger. Die openingseremonie vind plaas op Maandag-aand 14 Oktober en Sulayman Human, verlede jaar se algehele wenner, gaan ‘n kort uitvoering lewer. Die wenners van die Stefaans Grove Komposisiekompetisie gaan ook tydens die geleentheid hul werke bekendstel. Alle rondtes is oop vir die publiek. Toegang vir die openingseremonie en die aanvanklike rondtes is gratis. Kaartjies vir die finale rondte op Vrydag, 18 Oktober, is by Computicket beskikbaar.

Exit mobile version