Hoërskool Linden se matriekklas van 2023 het hul deursettingsvermoë aan die gemeenskap bewys toe hulle ’n 100%-slaagsyfer behaal het.
Hul opgewondenheid was duidelik toe hulle op 19 Januarie teruggekeer het na die skool om hul uitslae af te haal. Die 141 leerders het ‘n totaal van 285 onderskeidings behaal wat gemiddeld sowat 2.0 onderskeidings per leerder was.
Ian van Heerden was die skool se dux-skolier nadat hy agt onderskeidings en ‘n algehele gemiddeld van 90.57% behaal het. Nog toppresteerders was Inge Kasselman, Mia Mostert, Duan Brittion, Zander de Villiers, Natalie Dixon, Chrizelle du Plessis en Tredoux Engelbrecht.
Liandi Plotz, die skool se kommunikasiebeampte, sê die skool is uiters trots op hierdie matriekklas en kan nie wag om te sien wat hulle verder gaan bereik buite die skoolhekke nie.
Related Article: Reddford House Northcliff celebrates it’s learners success