NewsSchools

Pionier – Sterkte, matrieks van 2013

BAIE sterkte aan elke matrikulant met die afskop van die eind-eksamen. Wêreldkennis Olimpiade: Geluk aan Aldo Greyling, Anke Gröpp en Morné Krüger wat puik in die olimpiade gevaar het. Hoërskool Pionier het ‘n 73% gemiddeld vir hierdie olimpiade behaal. Wikunde Olimpiade: Die junior wiskunde olimpiade vir graad 8 en -9 leerlinge het goeie deelname en …

BAIE sterkte aan elke matrikulant met die afskop van die eind-eksamen.
Wêreldkennis Olimpiade:
Geluk aan Aldo Greyling, Anke Gröpp en Morné Krüger wat puik in die olimpiade gevaar het. Hoërskool Pionier het ‘n 73% gemiddeld vir hierdie olimpiade behaal.
Wikunde Olimpiade:
Die junior wiskunde olimpiade vir graad 8 en -9 leerlinge het goeie deelname en uitstekende uitslae opgelewer. Geluk aan Carmen Gröpp, Juliette Muller, Anja Opperman en Ankia Saayman. Euné Bosch behaal ‘n 86%-gemiddeld en Jana Grobbelaar 94%. Baie geluk!
Krieket:
Pionier neem aan ‘n 20/20 toernooi op distriksvlak teen Vryheid Hoër deel. Vryheid Hoër wen hierdie wedstryd met 9 paaltjies staande.
Aandliga:
Baie geluk met ‘n suksesvolle aandliga. Hierdie jaar het hope pret opgelewer. Die inskrywings het ook gegroei wat die kompetisie lekker straf gemaak het. Baie geluk aan die Peanutbutter Jelly Tots in die derde posisie, die Kwaggas in die tweedeplek en die Nagslakke wat as oorwinnaars uit die stryd getree het. Volgende jaar se aandliga beloof om hope pret en vernuwing in te hou. Kry dus spanne gereed!
Algemene Jaarvergadering:
Die algemene jaarvergadering vind Donderdag, 21 November om 18:00 in die skoolsaal plaas. Alle belangstellendes is welkom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button