NewsSchools

Leiers slaggereed vir 2016

Die ervaring en hulp van 2015 se leiers is goed gebruik met die evaluering van elke groep, asook tydens die praktiese opleidingsessie. Baie dankie aan mev Marianne Zietsman en haar span wat gesorg het dat ons met elke ete iets heerliks kon nuttig.

Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool

VIER en veertig opgewonde graad sesse het twee dae intensiewe opleiding ontvang om in 2016 as leiers op te tree.

Die graad ses en sewe personeel, asook mev Inmari Carstens het puik aanbiedings deurgewerk met ons leiers. Die ervaring en hulp van 2015 se leiers is goed gebruik met die evaluering van elke groep, asook tydens die praktiese opleidingsessie. Baie dankie aan mev Marianne Zietsman en haar span wat gesorg het dat ons met elke ete iets heerliks kon nuttig.

Verskeie aspekte soos konflikhantering, doelwitte vir 2016, boelies, spanwerk, toetsing van skoolreëls, geesvang, saamsing en geestelike toerusting is onder andere met die leiers hanteer. Alle groepe het ook praktiese opleiding ontvang en ons glo dat die rekenaar-, media-, koshuis- en skoolleiers ten volle voorbereid is vir die 2016 skooljaar.

Ons het ons program afgesluit met ‘n kort program aangebied deur die gr 6 en 7 personeel. By die geleentheid het die leerlinge se ouers die geleentheid gekry om elkeen hul balkies persoonlik aan te steek nadat die leiers-erekode afgelê is.

Dit was tydens hierdie geleentheid wat die leiers hul prefektehemde by die onderskeie borge ontvang het. Baie dankie mnr en mev Stear, mnr en mev Keightley, mnr en mev Becker en mnr en mev Kruger vir die borg van die die hemde. Tydens die aanpassessie het leerders alreeds spoggerig gelyk.

Kersgroete: Aan elke ouer en leerling wat deel was van LMS in 2012 wil ons ‘n aangename Kerstyd toewens. Mag u lekker uitrus en die tyd met u gesinne baie geniet.

Belangrike datums

9 Januarie 2015 – Skool open vir personeel

10 Januarie 2015 – Koshuis open koshuisgangers

11 Januarie 2015 – Skool open vir alle leerders

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button