Hoërskool Volksrust se skitterende skeidsregters
Baie min mense is bewus daarvan dat die skeidsregters wat jaarliks uit Volkies se geledere kom, van die beste in die land is.

Baie min mense is bewus daarvan dat die skeidsregters wat jaarliks uit Volkies se geledere kom, van die beste in die land is.
Slegs twee skeidsregters word vanuit ? provinsie verkies en gestuur, en hierdie Mpumalanga verteenwoordigers is gewoonlik vanaf Hoërskool Volksrust.
Vanjaar is weer geen uitsondering nie, en die volgende leerlinge is gekies om as skeidsregters vir verskeie toernooie op te tree:
– Marlee Pringle vir die Nasionale onder 18 toernooi.
– Corli Taljaard vir die nasionale onder 16 toernooi.
Albei leerlinge is tans in Graad 12.
– Daniel Houy, Graad 12 en Zuzane van der Merwe, Graad 11 gaan optree vir die onder 18 Streekstoernooi Festival, waaraan vyf provinsies gaan deelneem.
– Daleen Duminy, Graad 12, gaan die onder 16 wedstryde hanteer.
– Cellouise Moore, Graad 10 en Janey Lombard, Graad 9, gaan die onder 14 wedstryde hanteer.
Selfs ons oud-skoliere presteer as skeidsregters:
– Luzaan Uys gaan die Nasionale toernooi vir onder 18 blaas, nadat sy in 2015 aangewys is as die nommer een skeidsregter in Mpumalanga.
– Willney van der Merwe blaas onder 16 se Nasionale Toernooi.
– Karli van der Westhuizen hanteer die onder 16 en onder 18 Streekstoernooi Festival.
“Baie geluk aan al hierdie Volkies en Oud-Volkies. Sterkte vir die groot taak wat vir julle voorlê tydens die Julie vakansie,” het die skoolhoof gesê.



