CrimeLocal newsNews

AfriForum in Vryheid gee veiligheidsopleiding

"Hierdie is 'n mylpaal vir gemeenskapsveiligheid in Vryheid en omgewing met ons lede nou opgelei in alle areas van gemeenskapsveiligheid."

AFRIFORUM se Vryheid-tak het onlangs patrollie- en regsaspekte-opleiding aangebied vir die tak se patrolleerders.

Hierdie opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en ook om die patrolleerders te bemagtig om korrek binne die raamwerk van die wet op te tree.

“Hierdie is ‘n mylpaal vir gemeenskapsveiligheid in Vryheid en omgewing met ons lede nou opgelei in alle areas van gemeenskapsveiligheid. Hierdie is die begin van positiewe verandering vir AfriForum-lede en die groter gemeenskap,” sê Gavin Minott, voorsitter van AfriForum Veiligheid in Vryheid.

ALSO READ: Illegal land grabbers come head to head with AfriForum 

“AfriForum bied ‘n wye reeks voordele vir sy veiligheidstrukture waarvan opleiding een van die belangrike aspekte is om sy lede met kennis te bemagtig om vir hulself ‘n veiliger omgewing te bewerkstellig,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum beoog om nog verdere opleiding, veral noodhulpopleiding, binnekort aan te bied. Die gemeenskap word genooi om betrokke te raak by die veiligheidsnetwerk en saam hulle gemeenskap te beveilig. SMS jou “Naam” na 45267 (R1).

ALSO READ: AfriForum meets with Zulu King on matters of mutual interest

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button