Local newsVryheid Herald

Plaaslike motorfietsklub ry vir liefdadigheid

Met hierdie jaar se ‘Blanket Run’ is n plaaslike projek wat vir behoeftiges insamel en versprei, ondersteun

Die 2024 ‘Blanket Run’ gereël deur Cruisers MCC was ‘n reuse sukses op 20 April. Motorfietsryers van oral oor het die dag kom ondersteun by Vryheid Ski Boat Club, wat baie vrymoedelik hulle perseel beskikbaar gestel het vir hierdie welwillendheids-geleentheid. Motorfietse van wyd en suid, privaat sowel as van verskillende motorfietsklubs, het saamgekom om hierdie saak te ondersteun.

Frikkie Bekker en sy span van Kwazulu Privaat Ambulansdienste, tesame met plaaslike waaghals, Sheldon Lombard, het hulle stap-vir-stap deur die proses van ‘n motorfietsongeluksimulasie geneem om die moets en moenies te beklemtoon. Hierna het die motorfietsryers deelgeneem aan verskeie speletjies om hul vernuf en deursettingsvermoë te beproef.

Hartlike dank aan al 66 motorfietsryers asook plaaslike besighede wat hulle harte oopgemaak het om hierdie suksesvolle geleentheid te ondersteun.

Die “DJ’’, Francios Wales, het gesorg vir die dag se musiek en vermaak wat enige geleentheid lewendig sal hou.

Met hierdie jaar se ‘Blanket Run’ is n plaaslike projek wat vir behoeftiges insamel en versprei, ondersteun. Groot hoeveelhede komberse is oorhandig wat die komende winter beslis ‘n verskil gaan maak. “Food Socks” sal aangekoop en versprei word aan plaaslike individue in nood, wat 1200 persone sal bereik met ‘n lekker warm ete.

Baie dankie aan almal wat bygedra het om die geleenheid ‘n sukses te maak.

ALSO READ: Die ‘Drommedaris’ rol Vryheid binne

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

Related Articles

 
Back to top button