SchoolsVryheid Herald

Pioniers-vir-Christus-kamp laat blywende indruk op jongmense

Leerders sê die kamp het hul geloof verdiep en hulle lewens verander.

Suksesvolle kamp by Goedgeloof-plaas

Pioniers-vir-Christus het 24–26 Oktober, onder leiding van mej. Yvette Greeff en die hulp van ’n bedieningspan van ‘Heal the Land Ministries’, Pretoria, weer ’n baie suksesvolle Pioniers-vir-Christus-kamp te Goedgeloof-plaas, Bloedrivierpoort, geniet.

Internasionale gaste besoek die kamp

Dit was die elfde kamp sedert 22 Julie 2022. ’n Pastoorspaar van Wallis en ’n pastoor vanaf New York het hierdie keer vir ons kom kuier en die kinders het baie geleer, gelag en gespeel.

Suid-Afrikaanse jeug maak indruk

Die buitelanders getuig dat ons Suid-Afrikaanse jeug baie goedgemanierd, liefdevol en vreugdevol is.

Die Heilige Gees werk kragtig

Die Heilige Gees was baie getrou en het op ’n besonderse manier met elkeen te werk gegaan. Die pragtige getuienisse spreek van waarlike diep ervaringe met ons Skepper.

Jong leiers staan op

Die kinders het waarlik gegroei en wat hierdie kamp anders maak, is dat ’n mens kan sien dat die leiers onder die jeug begin opstaan en gemotiveerd is om self ’n verskil in die wêreld te maak. Die kamp sal beslis ’n blywende effek op die jongmense se lewens hê waaroor hul vir die res van hul lewens sal getuig.

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button