SchoolsVryheid Herald

Pionier-leerders presteer op verskeie gebiede

Pionier-leerders presteer in redenaars, rugby en landboutegnologie-aktiwiteite.

Op Vrydag, 15 Mei, het drie van ons leerders aan die semi-finale rondte van die ATKV se redenaarskompetisie, te Kuswag, Amanzimtoti, gaan deelneem. Al drie hierdie ervare matrikulante: Wijtske Fourie, Kyla Bosman en Mia Bosman, het met trots ons skool verteenwoordig. Ons weet, ongeag wat die uitslag mag wees, dat elkeen van hulle hul uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons wag in spanning op die uitslae, siende dat slegs een leerder uit elke kategorie, KZN by die nasionale kompetisie mag gaan verteenwoordig.

Landboutegnologie-klas besoek NAMPO

Die graad 11 Landboutegnologie-klas het verlede week NAMPO bygewoon, waar leerders waardevolle blootstelling gekry het aan die nuutste tegnologie, toerusting en ontwikkelinge in die landbousektor. Die uitstappie was nie net leersaam nie, maar ook ’n besonderse ervaring vol nuwe kennis en geleenthede.

’n Groot woord van dank aan Humansvlakte Primêre Skool vir hul gasvryheid en aangename verblyf tydens die besoek. Baie dankie ook aan aan die borge vir die hemde, hoedjies, lekker bederf en inligtingsessies by hul stalletjies. Verdere dank gaan aan Matweld vir die aanbieding oor MIC-sweiswerk en plasma-snywerk, asook aan SPARTABEEF wat die seuns op ’n insiggewende toer deur hul voerkrale naby Potchefstroom geneem het. Die skool waardeer elke bydrae wat gehelp het om hierdie uitstappie ’n groot sukses te maak.

Pionier-spelers gekies vir NKZN-rugby

Pionier is besonder trots op die rugbyspelers wat gekies is om NKZN tydens die Julie-vakansie by verskeie rugbyweke te verteenwoordig. In die o/15-span is H. Botes, H. Saaijman, R. Nortjé, C. Calitz en W. v.d. Merwe gekies om aan die Rhino-week, vanaf 7–11 Julie, deel te neem.

Die volgende spelers is in die o/16-span opgeneem en sal vanaf 28 Junie–1 Julie aan die rugbyweek in Frankfort deelneem: J. Joubert, S. Meyer, J. Bekker, E. Mbatha en M. Brits.

In die o/18-span is J. Jordaan en G. Oosthuizen gekies om NKZN tydens die rugbyweek in Reitz, vanaf 28 Junie–3 Julie, te verteenwoordig.

Baie geluk aan al hierdie seuns met hul puik prestasies. Julle harde werk, toewyding en deursettingsvermoë werp beslis vrugte af. Pionier is trots op julle!

The news provided to you in this link comes to you from the editorial staff of the Vryheid Herald, a sold newspaper distributed in the Vryheid area.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button