BlogsDie WoestynrotOpinion

“Goeie pad, oom David….”

Na ‘n week van hoë drama en onnodige trane wil die Woestynrot so effe reflekteer. Die Aap het gisteraand met sy geel Harley op sy gewoonlike luidrugtige manier voor die huis kom ankers gooi. Die ander lede van sy kommando het een-een agter hom kom stilhou. Ek het die harige prosessie so bekyk, die boelie …

Na ‘n week van hoë drama en onnodige trane wil die Woestynrot so effe reflekteer. Die Aap het gisteraand met sy geel Harley op sy gewoonlike luidrugtige manier voor die huis kom ankers gooi. Die ander lede van sy kommando het een-een agter hom kom stilhou. Ek het die harige prosessie so bekyk, die boelie agter in die yard gaan toesluit, en stadig by die hek gaan kyk wat die manne dan tog innie mou wil voer. Aap bly sit op sy bike. Die trane loer so wil-wil onder sy darkies uit, oor sy harige platbek. Hy druk sy Raybans terug op sy breë smoel en klim dan stadig af. Sy keps sit skeef op sy kop.

Die anner manne kom staan kringetjie. Broer Aap tjek die besigheid innie straat af uit. “Man kannie dat ou Hennie se ysterbaadjies ons hier kom sien nie,” brom hy. Ek verstaan nie, en tree nader. Aap brom weer. Ek hoor en verstaan. Ons maak die hek oop, en die manne troep almal agtermekaar die driveway af. Die Harleys word inne kring getrek. Aap staan krom-krom nader, en dan klink hy soos daai mannetjie met die toebroodjie op teevee wat sy spelers skel omlat hulle drie-nul agter is.

Dan is Rooibaard die arend, Mielipit die Wilsonstraattarentaal en al sy skermonkelrige katte en honne ook by. Die boelie kom raak stil langs die draad. Ek voel ‘n groot hand kom wurm hier langs my stembande verby en vat om my hart en gee hom ‘n drukkie. Die manne maak kringetjie, en die broers vat hanne. Aap trek ‘n 12 jaar sponkelnuwe bottel Chivas onner sy tuniek uit, en blaf na my toe om shooterglasies te organise. Hy deel die glasies uit, en al die broers vat ‘n tot. Dan klap hy hakke, vat ‘n slukkie, en gooi die res op die grond uit. Die ander manne volg.

Aap kyk op. “Dis nou genoeg. Tot hier toe en nie verder nie. Nie ‘n moer nie.” Ek vra wat bedoel hy, en hy sê,”Al die dinge van julle, wat mekaar so seermaak, doodmaak, mekaar se goed steel, mekaar verkrag en molesteer, en die hel weet wat nog! Ons huil. Ons huil vir hierdie land, ons huil vir Afrika, ons huil…” Hy gryp nog ‘n tot. Ek staan terug. Ek weet wat hy bedoel. Ek vat ‘n glasie, gooi ‘n knertsie op die grond uit, en sê saggies, “Goeie pad, oom David. Die manne huil oor jou.”

Die bikes draai in gelid in die pad af. Die manne sit regop innie saals, keppe onner die arms. Dundee het klaar sy seun gegroet. Die werf is leeg. Die lewe gaan aan. Hy sou dit so wou gehad het. Gaan ons na Aap luister? Gaan ons ‘n omkeer maak, en die anargie stop? Gaan ons weer terugkeer na waardes, waar ‘n lewe meer werd is as ‘n selfoon, of ‘n paar rand? Ek en Aap is game om te try.

Mens kan dalk die donner weet wen, as ons net wil probeer.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button