BlogsDie WoestynrotOpinion

“Hoenderkuikens, ‘n liedjie, ‘n Boeregeneraal en ons gooi nog ‘n dop.”

Mieliepit die Wilsonstraattarentaal wil hom bevange lag. Die Burgermiesies het vir Aap en die Harley-Davidsonkommando Talanaberg toe gejaag om ‘n paar Aai-Ef-Pies wat daar rondom ‘n kan Klippies en Kouk toi-toi en Bring My Machine Gun op die wysie van De la Rey sing, tot orde te gaan roep. Nee, alla magtig, het die Groot …

Mieliepit die Wilsonstraattarentaal wil hom bevange lag. Die Burgermiesies het vir Aap en die Harley-Davidsonkommando Talanaberg toe gejaag om ‘n paar Aai-Ef-Pies wat daar rondom ‘n kan Klippies en Kouk toi-toi en Bring My Machine Gun op die wysie van De la Rey sing, tot orde te gaan roep. Nee, alla magtig, het die Groot Outoriteite en haar se hele Volksraad besluit. Die ongewasde gepeupel kan mos nie kom staan en sing soos hulle wil nie. Die bleddie Boere het nou hierdie song oor die generaal in die lewe geroep, en hulle maak die mense só bang met die song dat hulle nou al die spietkopse en platkêpse man-man nog ‘n gun wil gee. En ‘n pakkie maagwerkpille.

Net vir ien kys die bebaarde ou bokkers weer uit hulle se grafte opstaan, en daai hele geneukery van 1900 weer aan die gang kom sit. Onske aarde en sonne met alle bure, hulle het dan nou tot die song op Loftus gestaan en verbied! Sallie Ingelse en die ou Kwien die horriepieps kry as die generaal weer oor die rand verskyn met sy allemagtige kommando agter hom? Kan jy jou daai gedoente voorstel as ou kolonel Gunning en sy klomp Iere weer daar oppie berg aan die roer raak? Ou Pammie en haar lot sal mos eers by Babanango ophou hardloop. Ek sien nou allie spietkopse wegskarrel as die bomme weer daar tussen hulle beginne val.

O, moer, wat sal ons dan doen as Aap en sy kommando ook by hulle aansluit? Mielipit kry weer ‘n toeval soos hy lag. Sy skermonkels hou oudiënsie by die wit hek, en die boelie hou hulle vies dop. Sy bek is dik. Ek het hom dood voor oë gesweer as hy weer een sou byt, en nou het hy sy gat in ‘n krul geruk vir my. Mieliepit spoeg ‘n stukkie vieserigheid weg wat hy per ongeluk saam opgepik het. “Daar val nog ‘n seder op Loftus,” giggel hy. “En disse nogal uh Boer wat die ding loep sta en verban het . One time an’ all,” verkneuter die mankoliekerige ou vuilgoed hom. Ek brom in my baard en begin slaangoed soek. Wat sal die ou moerneuker vannie onnerdorp so teenaan kom sta’ en raak hier? Waar is Aap?

Mieliepit is nogal so effe reg ook, kom val my eendjies dik de donner inne ry ry hier. Die groot Minister van Kuns en Kultuur in Pretoria het so met een punt van sy tong gesê disse nice song, maar ons moet tog net nie gaan opstokery pleeg met die ding nie. Newwermaaind die anner songs en opstokery wat orals plaasvind. “julle is altevol soos uh klomp hoennerkuikens inne hok wat mekaar se holle loep en uitpik,” skril hy vannie lag. Dis moes toe net daar waar al my political correctness oor die muur vlieg. Ek omgord my lendene, skree op Aap wat voor innie straat kom stop het, gooi die hek oop en maak die boelie los. “Maaifoedie!” gil die boelie in Mieliepit se oor, maak die skermonkels met een veeg bymekaar, jaag die ou spulletjie by die hek uit, oor die bowling green, Wasbank se kant toe. Een van die skermonkelkatte kry so ‘n laaste hap onner sy gearboks., en dan issie werf skoon. Ek gaan gooi nog ‘n trippeldop Klippe en Kouklaait, sit De la Rey oppie hifi en draai die song oop laat die hadedas opvlieg.

Maaifoedies. Laat kom World Cup 2010!!!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button