Tussen papier en die werklikheid
Die Woestynrot kry ‘n sms (dit staan glo vir short message service) hierdie week wat verby is. Op sy selfoon. Van sy dogter in Johannesburg, wat by die Outdoor Expo in Kyalami ‘n poster van die Woestynrot in sy rooi en wit 24th Regiment togs van die Dundee Diehards raakgeloop het. Dit was glo deel …
Die Woestynrot kry ‘n sms (dit staan glo vir short message service) hierdie week wat verby is. Op sy selfoon. Van sy dogter in Johannesburg, wat by die Outdoor Expo in Kyalami ‘n poster van die Woestynrot in sy rooi en wit 24th Regiment togs van die Dundee Diehards raakgeloop het. Dit was glo deel van ‘n uitstalling van die Zulu Kingdom, en dit bring my by ‘n lansie wat ek wil breek vir ‘n paar locals.
Die Sokkerwêreldbeker van 2010 kruip nader soos ‘n Natalse donderstorm wat jy daar in die verte sien aankom. Jy sien die blitse en die donkergeit, maar jy het so ‘n halwe traakmy-nie giertjie in jou, want ons gaan tog nie na die games kyk nie. Behalwe miskien die Bowman. Ek weet dat sy hart bloei oor Manchester United wat so sleg verloor het (is dit nou Man United…? Kan Liverpool ook wees, maar wat sal ‘n onrehabiliteerbare Boer soos ek tog weet?) Bly nie by, dit daargelaat.
Hoe dit ook al sy, ‘n groot okkasie nader ons ou landjie, en Aap en die kommando, die bulterrier (sy vreet nou suurlemoene…pluk die bleddie goed van my boom af, kan jy glo…???), al die skermonkels, Mieliepit die Tarentaal en sy koffieshop en die komitee van daai ou droë biltong, ou Evan, is kliphard aan die scheme om grootse dinge te doen as al daai vreemdelinge in ons poorte kom land. Aap sê so met ‘n skalkse vonkelinkie in die oog dat hy hoop niemand skyt weer op ou Tony Roberts se runway nie…onse aarde, was my ou Soutie pêl darem opgeklits oor die man met daai ongevraagde toiletbehoefte…!
Laat my nou dink aan ou Sammajoor J.C.J. Pearce…ons het hom iets anders genoem, maar ons sal nie sê nie – een van daai big city Johies kampertiffies het in die deurgangskamp op Grootfontein – lekker ou Grooties – vroegoggend in die mis nie die ablusieblokke gekry nie. Hy het toe sommer maar sy behoefte daar op die plek bevredig, en het die reep toiletpapier net daar langs die hopie evidence gelos. Daai oggend het die blitse en die k*k in ál die amptelike tale deur die kamp geflits. Daai onbeholpe tiffie het sy dr*l en die papier slam bang in die middel van JCJ se paradegrond gelos. Onske aarde…die hele kamp is geparadeer, en JCJ wou weet wie die ondeurdagte donner is wat somaar op sy paradegrond kom skyt.
“Sammajoor…!!” roep ‘n stem hier uit die geledere uit…”was dit die dalk ‘n hond nie…?” JCJ kry ‘n floute op die spot, en gil van voor af: “Dis die eerste keer in my misrabele f*kk*n lewe dat ek sien dat ‘n hond k*kpapier gebruik om sy gat mee af te vee…!!!” Sela.
So tussen al die papiere deur is daar baie mense wat hulle agterste helfstes afwerk om te poog om Dundee op die map te sit vir 2010. Kom ons try help hulle, en vergeet van al ons otherwise stroomop dinge. Van die Bowman af, dwarsdeur die hele spektrum, tot by Danie en Mots by die Royal, werk ons almal vir dieselfde ding. Laat ons gaan…!!!



