BlogsDie WoestynrotOpinion

Wat maak jou kwaad…???

Wat maak jou kwaad? So kwaad dat jy vir die eerste paar oomblikke nie ordentlik kan dink nie? Ons het in hierdie land só gewoond geraak aan swak diens dat ons dit nou al as vanselfsprekend beskou. Dit sal ook nie reg voel as al die gate in die paaie reg is nie, want ons …

Wat maak jou kwaad? So kwaad dat jy vir die eerste paar oomblikke nie ordentlik kan dink nie? Ons het in hierdie land só gewoond geraak aan swak diens dat ons dit nou al as vanselfsprekend beskou. Dit sal ook nie reg voel as al die gate in die paaie reg is nie, want ons ry al so bitter lank oor gate in die meeste paaie, dat dit al as deel van die dekor aanvaar word. Kom ons kyk verder…

Probeer vandag ‘n lening by ‘n bank kry. Die Rot weet van ‘n vrou wat hier by ‘n plaaslike bank in Dundee vir ‘n studente-lening vir haar dogter probeer aansoek doen het. Sy is eerstens van bakboord na stuurboord verwys, vertel dat sy MOET ‘n salaris van R8000.00 per maand verdien, en dan MOET sy ‘n payslip daarvoor hê. OK, nou het ons ons eerste probleem. Hierdie vrou verdien nie R8000.00 per maand nie. Haar salaris wissel, want sy werk vir haarself. Sy skryf ook nie vir haarself payslips uit nie. Die feit dat sy sekuriteit vir byna ‘n halfmiljoen rand aangebied het, het ook geen indruk gemaak nie.

“How can we help you” ?????? Nee, boet, jy moet ‘n payslip van R8000.00 hê…..

Personeel by die bank belowe hulle sal haar terugskakel, maar sy wag nou nog. Jy hoor net nooit weer van hulle nie. Dan lieg hulle mos as hulle sê hulle sal terugbel? ‘n Bankbestuurder wat wegkruip agter sy sekretaresse, of een van die vrouens wat daar werk. Hulle vee hulle kliënte net eenvoudig van die tafel af, want hulle is te groot risiko’s. Nou wonder ek net oor die Gold Card wat hulle aan die vrou oor die telefoon toegeken het met onmiddellike krediet van R15 000.00 plus ‘n begrotingsrekening van ook R15 000.00. Sonder om te blik of te bloos. Tóé was sy nie ‘n risiko nie. Ook nie as sy bankkoste betaal nie. Is dit enige wonder dat ons die duurste banke in die wêreld het?

Sal ons aanbeweeg na ons munisipaliteite toe? Nee, miskien nie. Kom ons kyk na die ander groot diensleweringsindustrie in Suid-Afrika. Waiters. Ja, ja….kelners. Ons bestes is almal in London, en dié wat agtergebly het…nou ja. Waarom kan dit tot twintig minute vat om ‘n koppie koffie te kry? Of jy sit nog en chat, en dat kom plak sy die rekening voor jou neer. Sonder dat jy daarvoor gevra het. Moet jy dan nog probeer om daai stukkie kaaskoek te bestel wat jy nounet raakgesien het? Dit lyk dan of die mense wil hê jy moet loop…

Of daai ry in die poskantoor. Jy hardloop gou in om daai pakkie te gaan afhaal. Mooi, daar is net een siel in die ry. Watwou. Jy staan nog, dan kom skuif ‘n skepsel voor jou in. Sorry…ek het nounet hier gestaan, het net gou gaan piepie. Wat is dit met toue in hierdie land? Binnelandse Sake….nee, wag. Laat ek net eers gou ‘n draai gaan loop. Miskien kan ek môre ‘n nuwe ID gaan koop. Of een van die wit polisiemanne van Dundee sien wat net met nuwe karre ry.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button