BlogsDie WoestynrotOpinion

Die goeie ou dae…

‘n Maat van my sê my nou Sondag voor die kerk dat hy met al die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika se skandes terugverlang na die goeie ou dae, en dit het my laat dink aan van my en die Bowman se diskoerse. Nou, kyk, Bowman, ek weet dat jy óók so per gelegentheid ‘n ou terugverlankie …

‘n Maat van my sê my nou Sondag voor die kerk dat hy met al die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika se skandes terugverlang na die goeie ou dae, en dit het my laat dink aan van my en die Bowman se diskoerse. Nou, kyk, Bowman, ek weet dat jy óók so per gelegentheid ‘n ou terugverlankie innie kiem moet smoor, maar dis darem waar: Wat kan jy sê van die dae waar ons nie konsepte soos videomasjiene of –bande geken het nie. Nee, as jy ‘n movie wou kyk, moes jy ‘n projektor en ‘n lorrievrag sulke plat dromme film gaan uitneem, en dan kyk jy die fliek sommer teen die sitkamermuur. Onthou jy hoe ons skoolmovies soos The Good, The Bad, and The Ugly vir 10 sent by die skoolsaal gaan kyk het? Dan het jy Coke in sulke dik glasbotteltjies gekoop, en gelag virrie janne wat met hulle Grashoppers en jeans kom fliek het. Nee, boet, daai was mos die dae dat jy sulke hoë hakke gedra het, met skoene wat gekliek-klak het sover jy loop, en jeanbaadjies met blommetjies op.

Hierdie laaities vannie armed responses wat nóú soos parrastoele orals opslaan, was net ‘n gedagte, en mense het nie by die Outside Patients sukke trósse gesit en wag om te dood nie. Gratis Panado’s was nog onbereikte Nirvana, en minibus-taxis ‘n droom. Man kon nog ‘n blikkie Coke koop vir 15 sent, en onthou jy daai eerste pakkie tien Gold Dollar skywe? Net 51 sent betaal, broer. Die Minimark onner oppie hoek het nog die Beeld en die Dagbreek as Sondagkoerante verkoop, en Old Brown Sherry was nog iets wat mens by Off-Salese kon optel op ‘n Saterdagoggend as jy op pad was viswaters toe. Die Minister van Gesondheid se grootste probleem was ouderdoms-pensioene, en die Kabinet was nie ‘n kas vol Chivas Regal en Waarheidskommissie-verslae nie.

Speedcops was jou favourite love to hate item, en Dirty Harry movies by die Alabama vername Saterdagaandvermaak. Ons laaities het by die skool nog kellies en kroeks gespeel, en mekaar bloedbek geslaan oor Ford en Chev. Griekwas het nog die Curriebeker gewen, en my pa se Vauxhall het 22 myl oppe gelling geloop. Poliesmanne se grootste probleem was of die vorige skof petrol innie bakkies gegooi het en hulle het nog dieselfde aand by klagtes uitgekom as mens bel. Oupa se FMpie moes nog ‘n lisensie hê, selfone was science fiction, en die magistraat het sommer self jou geweerlisensie uitgereik. Joan Jett and the Blackhearts was die nuutste craze, Steve Hofmeyer ‘n jong laaitie wat nog by beach parties in Swakopmund gesing het, Tassies het nog kurkproppe gehad, was nie uit Argentinië ingevoer nie, en Kentucky Fried Chicken nog net ‘n k*k idee.

Die Kennedybroers het net begin om Westerse politiek en die Sowjet-unie se missiele op Kuba deur hulle gatte te trek, die CIA het begin om hulle name met ‘n plank te slaan met Fidel Castro, NASA het maanlandings gestage en dagga het as die drug of choice onder studente uitgekom. Vandag is alles duurder, ligter, vinniger, stadiger, broadband, skoner, regverdiger, mooier, Engelser, vetter, dronker en HIV-positief. Dalk is dít hoekom my pa praat van die “goeie” ou dae.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button