BlogsDie WoestynrotOpinion

Die merk van ‘n vindingryke man

Hierdie Wêreldbekerbesigheid is besig om my roetine om te krap. Die rugby ene, praat ek van. Dis nou baie gaaf en goed van die Esybiesie om die games uit te saai, maar dit kos ‘n vindingryke man om daar by alles uit te kom. Die Engeland game was nog maar net ‘n inskrywing op ‘n …

Hierdie Wêreldbekerbesigheid is besig om my roetine om te krap. Die rugby ene, praat ek van. Dis nou baie gaaf en goed van die Esybiesie om die games uit te saai, maar dit kos ‘n vindingryke man om daar by alles uit te kom. Die Engeland game was nog maar net ‘n inskrywing op ‘n skedule, toe begin die dak te neuk in onse Dundeewind. Okay, okay, man moet seker jou joppe by die huis doen, soos om die vrou te help om die wasgoed op te hang…(dankie tog daai skottelgoedwasser was op special nou die dag)….

Maar, hel, iemand moet tog seker ook die rugby kyk. Netnoumaartjies kry die Esybiesie die gedagte hulle doen al hierdie moeite vir ‘n volk wat dit nie waardeer nie. Ek draai ‘n paar tekskroewe deur die los dakplate, moer amper saam met die boor van die dak af, bewe teen die mankoeliekige leer af, en loop reguit na die single malt wat daar in die kombuis staan Ek kan vir Dave al hoor daar in die studio waar hy vir die Coach sê dit gaan ‘n harde game wees.

Ek het daai single malt my onverbloemde aandag gegee, die biltong opgetel, en my net voor die tiewie tuisgemaak, toe die vrou daar in die badkamer gil. Okay, okay, ek kom, demmit…wat is die probleem nóú? Sy staan buite die shower en beduie dik die moer in na die krane. Ek staan nader en vat aan die kraan om die ding darem toe te draai. Daai ding choke my mos oppie plek dat ek die shower se deur skeeftrap. Waarom moes die geyser se earth nou oppak?

Vroulief loop knorrend verby. Die boelie gee my ‘n vuilkyk, en op Stade de Francais speel die anthems al. Demmit. Nie nou nie. Vroulief gooi ‘n kamerdeur agter haar toe, en ek gee die single malt weer ‘n kyk. Die manne skop af. Nee wat, nou moet dinge eers maar wag. Hoe gaan daai ad oor die radio van die vrou wat haar man roep vir telefoon? Ja, ja, sal dit later regmaak!

Fourie du Preez het al sy eerste breek agter die rug toe ek weer voor die tiewie kom neerval. Nou kan al wat ‘n dak is maar wag, en die mense word aangesê om nie nou te gaan shower nie. Halftyd pak die boelie en die worshond mekaar by die vrou in die badkamer, en ek moet weer gaan red. Die slag vat ek my two by four wat ek by die manne daar by Brayton’s gekry het. Die stuk hout staan in die hoek van die kamer, waar ek hom gebêre het sodat die boelie nie die ding opvreet nie.

Die worshond sien die stuk hout aankom, en vat ‘n gat. Ek skel die lede van my huishouding op vier toonhoogtes uit, en ‘n soort van vrede daal neer.

Die tweede helfte begin met dakplate wat flap in die wind, en vroulief wat vies-vies gaan wyn gooi. Buite skeur die boelie my besproeiinkie uit die grond uit. Sy kom trots met haar buit die huis in, maar ek sal haar later uitwys op haar foutjie. Die krane skok weer die vrou. Ek het vrede. Ek kyk rugby.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button