BlogsDie WoestynrotOpinion

Die groot kip Black Pearl, die Berea, die munisipale bestuurder en een of ander prokureur.

Met onwettige smouse wat enige plek gaan kampopslaan en begin handel dryf, vuilgoedstrooiende taxies, mafiosa wat op en af in die munispale kantore by Endumeni rondsluip en slaggate wat ‘n lewe van hul eie begin kry, kan mens verstaan hoekom die LUK vir Plaaslike Regering in Kwazulu-Natal vir Weerlig beginne bid. Die Bowman het beginne …

Met onwettige smouse wat enige plek gaan kampopslaan en begin handel dryf, vuilgoedstrooiende taxies, mafiosa wat op en af in die munispale kantore by Endumeni rondsluip en slaggate wat ‘n lewe van hul eie begin kry, kan mens verstaan hoekom die LUK vir Plaaslike Regering in Kwazulu-Natal vir Weerlig beginne bid.
Die Bowman het beginne seerowers sien, en Aap en sy bende platkepse het hulle Harleys by die Curry Parlour gaan parkeer, en weier nou om daaruit te kom voordat Sy Majesteit die Burgemeester nie gefire is nie. Dis nou as hy nog nie doodgeskok is tussen al daardie onwettige elektriese koppelinge van al sy stembeeste nie.
Ons hoor nou die dag dat hulle (of iemand, in elk geval…) noem hierdie area rondom Coronation Park en die hospitaal die Berea. Wragtig.
Weet nie Google Maps daarmee gaan saamstem nie, maar dis seker die rede hoekom net die mense wat Debonairs se pizzas aflewer, die plek kan kry. Geen spietkop en polisieman het al ooit van hierdie Berea gehoor nie, en in die gange van Umzinyathi – distriksmunisipaliteit is hierdie term wetenskapfiksie.
Maar wag, laat ons nie oordeel nie. Dis verkiesing, en die halfseksie spietkops wat tussen Glencoe en Dundee hulle sitvlakke dun skuur op hulle kar seats om by al die plekke uit te kom, moet hulself seker skop dat hulle nie destyds daai joppies op die Marine Parade in Durban gevat het nie. Dundee sit in die hart van die Slagvelde, en ons baklei hier, pappa. Jy moet net kom kyk….
Ons gee tot die waarnemende munisipale bestuurder pak. Sommer daar in die gange van die Kremlin. Hy moet net mooi kyk.
In ieder geval, vandat almal nou, van Nasionaal af, tot by onse eie COGTA, al skoppende en skreeuende bewus geword het van die bende hansworse wat ons hier vir ‘n stadsraad gehad het, en dit nou bly dat een of twee van hulle bedank het (mag ons so gelukkig wees…) en al daardie miljoene Rande wat hier in verskeie keelgate in af verdwyn het, wil dit nou voorkom of dinge begin stabiliseer.
Hoe lank dit gaan vat om weer op ‘n gelyke kiel te kom, sal net Jack Sparrow kan raai, maar toe hy gisteraand hier verby is Coronation Park toe, om saam met die leiers van môre te gaan suip daar, het hy aan ons gesê dat hy nie gaan terugkom nie. Hy is bang hulle maak hom waarnemende munisipale bestuurder.
Toe ek agter hom aanskrou dat hulle hom ‘n 35% waarnemingsbonus gaan betaal in plaas van die normale 8%, toe struikel die ou so half, en dit lyk kompleet of hy ‘n hammie getrek het, maar hy kry vinnig weer sy topspoed, en spoed daar weg toe hy die Speaker sien aankom.
Waste Management kom ook verbygejaag, en sê dat hulle net 8% kry om die vuilgoeddromme by die Coronation Park-taxirank in McKenziestraat, wat die taxigepeupel elke aand in skyt, skoon te maak, en hulle wil ook nie meer nie.
In Coronation Park val Jack Sparrow oor ‘n bottel Johnnie Walker Black Label, en die prokureur (dis eintlik ‘n regsgeleerde) wat hulle nou in Coen Retief se stoel gaan neersit het, kom onmiddellik met sy besigheidskaart aangehol, maar Davey Jones skiet hom van agter met ‘n walvisharpoen.
Miskien moet ek weer gaan probeer om my Landrover aan die brand te steek. Daar in Coronation Park. Die laaste keer wat ek dit wou doen, het byna helfte van Noord-Natal gebrand. Klink na ‘n goeie idee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button