Efficient service at home affairs
Mevrou – Nadat ons besluit het om aansoek te doen vir die nuwe Kaart – ID, het mense ons gewaarsku dat ons heeldag sou moes wag om gehelp te word en dalk ‘n tweede dag van Utrecht sou moes inry om gehelp te word. Maandagoggend net na 8vm was ons by Binnelandse Sake. Na twee …

Mevrou – Nadat ons besluit het om aansoek te doen vir die nuwe Kaart – ID, het mense ons gewaarsku dat ons heeldag sou moes wag om gehelp te word en dalk ‘n tweede dag van Utrecht sou moes inry om gehelp te word.
Maandagoggend net na 8vm was ons by Binnelandse Sake. Na twee groot voetoperasies, is ek nog tydelik in my rolstoel met progressiewe rumatoïede artritis. By Inligting kry ek en my man elkeen ons nommer, en wou sit en wag, maar direk word ons na die foto’s gestuur. Die fotograaf was uiters hoflik en behulpsaam, en sy het al ons vrae beantwoord.
Sy het die foto’s geneem en ons onmiddellik na toonbank 4 laat gaan, waar ons dadelik ‘geprossesseer’ was.
Dit was ongelooflik hoe simpatiek en belangstellend almal was, selfs die baie mense wat geduldig hul beurt moes afwag vir foto’s of vingerafdrukke. Weens my ‘probleemhande’ was vingerafdrukke moeilik, maar tog later suksesvol met die amptenare se bystand! Binne ‘n uur was ons klaar.
My gratitude to all the Officials at Home Affairs Newcastle, who assisted my husband and myself on Monday to apply for the new ID documentation, especially the lady who took the photographs and Busisiwe at fingerprinting. Keep up the good work.
Mariekie Boshoff. Utrecht.



