BlogsDie WoestynrotOpinion

Die Mielieboer, ‘n Tarentaal, ‘n joernalis en ‘n poliesman in een blik

Ou Aap is bitterlik weemoedig. Sy politieke loopbaan saam met die Ekonomiese Vryheidsflaters was van kortstondige duur. Die relletjie in die parlement het aan hom ‘n blouoog besorg, maar dit kon hy nog verwerk. Aap: “Daai potshot kon ek nog handle, maar die grondafvattery was ‘n ander blerrie neukery…” Ek wou nog vra oor die …

Ou Aap is bitterlik weemoedig. Sy politieke loopbaan saam met die Ekonomiese Vryheidsflaters was van kortstondige duur. Die relletjie in die parlement het aan hom ‘n blouoog besorg, maar dit kon hy nog verwerk.
Aap: “Daai potshot kon ek nog handle, maar die grondafvattery was ‘n ander blerrie neukery…”
Ek wou nog vra oor die grondafvattery, maar die ou wil nie praat nie. Miesies Aap het hom ook gebliksem omdat hy nou vergeet om melk en sieghrets in die aande te koop, en dan het die Tarentaal nog ook sy gat vir Aap afgelag toe Miesies Aap hom in die straat skel. Ons staan onder die boom, voor die hek. Die rooi baret is weg. Ek por aan die ou skepsel.
“Komaan, Aap. Vertel ons van die grondafvattery. Die Bowman is ook netnou hier, en hy sal ook wil weet,” kerm ek om sy ore.
Die boelie het suutjies nadergekom, en nie ek of Aap het die swerkaterse hond gesien nie. Die swart hek was weer oop. Ek vang net die beweging uit die hoek van my oog, hier na onder, en toe byt daai hond. Onse blou, bles bliksemstrale…… Aap gil verskriklik vreeslik toe die boelie hom hier aan sy agterkwart vat. Sy skril stem boor deur altwee my oordromme, en ek skrik my gat af toe die wêreld skielik beginne blur om my.
Die verdomde hond hou wat sy het, en Aap gil, hy soebat, hy blêr, hy kokkemêr, maar dit help nie.
Ek skarrel, ten midde van die skielike kommosie in die agapantusse rond waar ek geland het, probeer my blerrie bril innie hande kry, en toe ek nou weer gevegsgereed was, sit Aap op die eerste groot hangtak van die jacaranda, die boelie staan en spin spore in my gras, met die grootste gedeelte van sy broek in haar bek, en daar stop die Bowman en die Tarentaal ook. Aap se gatkant en pens is vol lappe gebind en geplak. Die ou was omtrent verwoes, en met al die gate en skeure nou weer toegeplak, lyk die arme man erg naar. Ek weet dis nie die boelie wat hom so verinneweer het nie, maar toe die Bowman beginne fotos neem, en die Tarentaal wat weer sy hol skeer, weet ek ek sal moet ingryp, voor hier nou rerig erge kopsorge kom.
Ons kry Aap aan die bedaar, en heelwat later, nadat hy my bottel Glenfiddich twee keer nadergetrek het, beginne hy met sy droewige verhaal.
Hy en sy medestryders het hier na ‘n boer se plaas vertrek, in verlede week in, met die doel om hulle stempel te gaan afdruk, en die grond op te eis vir al die agtergeblewenes en uitskoppelinge wat by die vreettroê uit die bus geval het. Die Groot Veldheer het blykbaar saamgegaan, en met al die blink mouterse, almal pure Range Rovers en Discoveries en sukke lang slap Benze, het die ou spulletjie gou-gou tot stilstand geruk in die omgekrapte paaie en die spoelgate.
Ons het nog so aangestap na die hek toe, toe sien ek dat die Oppergesag het onttrek, en die manne staan bo op die wal, by die pad, en gee orders van daar af,” ween Aap.
“En toe…?”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button