Kom ons Newcastle gemeenskap staan saam
Mevrou – O’Neil se Kothuis/Erfenisstigting. Die Erfenisstigting het onlangs O’Neil se Kothuis ten volle gerestoureer. Gedurende die begin van die jaar het die Erfenisstigting ook die binne inkleding ten volle afgehandel. Die huis soos dit nou daaruit sien, is werklik iets om op trots te wees. Besoek gerus die huis op die Volksrust pad; dit …

Mevrou – O’Neil se Kothuis/Erfenisstigting.
Die Erfenisstigting het onlangs O’Neil se Kothuis ten volle gerestoureer. Gedurende die begin van die jaar het die Erfenisstigting ook die binne inkleding ten volle afgehandel. Die huis soos dit nou daaruit sien, is werklik iets om op trots te wees. Besoek gerus die huis op die Volksrust pad; dit is die moeite werd.
Die Erfenisstigting was in die verlede dikwels geroskam oor die vervalle toestand waarin die huis verkeer het.
Binne- sowel as buitelandse besoekers was baie ontsteld oor die toestand van die huis en het erg kapsie gemaak. O’Neil se kothuis is definitief ‘n toeriste aantrekkingskrag vir baie besoekers, ook van oorsee.
Besoekers voel dat O’Neil se huis te veel geskiedkundige waarde het om nie instandgehou te word nie. Die vredesondertekening na afloop van die Eerste Vryheidsoorlog het immers hier plaasgevind.
Derhalwe voel die Rapportryerbeweging van Newcastle dat dit verkeerd is om met gevoude hande te sit en kyk dat die Erfenisstigting historiese geboue en terreine moet instand hou.
Die fondse bestaan net doodeenvoudig nie. Op plaaslike vlak sal ons moet toesien dat historiese geboue en terreine na omgesien word in ons area, deur ook ons deel by te dra.
Donasies direk aan die Erfenisstigting deur die plaaslike munisipaliteit, Afrikaanse en Engelse sakekamers, instansies, organisasies, besighede en individue in die verband sal hoog op prys gestel word.
Newcastle Rapportryerbeweging wil graag ‘n voorbeeld stel en doneer ‘n bedrag van R10 000 (Tien Duisend Rand), aan die Erfenisstigting.
Kom ons Newcastle gemeenskap staan saam en stel ‘n voorbeeld vir Suid-Afrika.
Die Erfenisstigting se bankbesonderhede is soos volg:
Absa Lopend
Rekening nommer – 4056209535
EFT Kode – 632005
Verwysing – O’Neils en u naam
Vicus Kock
Voorsitter
Newcastle Rapportryerbeweging
084 427 8842



