BlogsDie WoestynrotEditor's choiceOpinion

Die eksistensiële broosheid van ons omvang…

Die ou Russiese spioenasie-agentskap KGB, wat ook nie meer bestaan nie, het seker al sedert die Vyftigerjare beweerde dubbelagente in Britanje met soortgelyke chemiese bose planne om die lewe gebri

Die byna onwerklike boustene van die menslike wese, meer pertinent dit van die grysmassa waarmee die mensdom dink, vertoon ditself meer en meer soos een of ander eensellige wese uit ‘n grilfilm uit.
In die laaste paar jaar van my lewe het skielike sterfgevalle, totaal en al onverwags, dit self meester gemaak van ons daaglikse narratief, en daarmee saam die reaksie van die mense om ons.
Die wêreld het ‘n leuenaar geword, en hy voer ons sy gif op ‘n daaglikse basis.
Daar is net twee hoof-debatstrome beskikbaar, een wat aan die ouwêreldse waardes en norme glo, en een wat alles omverwerp, geskiedenis en kultuurgoedere onder inspeksie plaas, en glo in ‘n algehele, gesiglose massa waar die dienaars van outoriteit deurlopend verdag gemaak word.
Vriende en hulle wederhelftes, ek dink nou aan ou Hippie Hendrik, Koos Boks, een van my voormalige kollegas se vrou, en ‘n oudsoldaat se seun, almal net skielik weggevat, kom haal.
Die onmiddellike verbygangers, wat deur hierdie skielike traumas beïnvloed word, het almal ‘n byna voorspelbare reaksie, wat deur verdriet en hartseer uitgebeeld word.
Dan kry jy die samesweringsteoretici.

Nou, Donald Trump is die eerste VSA-president wat sy land deur middel van Twitter regeer, en die Russiese FSB, en Hillary Clinton sit met ingehoue asem en wag oor wat hy nou weer gaan Tweet. 

Mense wat een of ander strontstorie oor ‘n bepaalde gebeurtenis aanmekaar gebeitel het, en nou vir die res van die ongelowige samelewing vies raak as hulle nie daarop wil inkoop nie. Die onlangse driedubbele tragedie in Dundee het ‘n bepaalde punt bevestig.
Die stomme slagoffers se lyke was nog nie eers herwin nie, toe hardloop die riemtelegramme oor selfmoordpakte, onwettige verhoudings en nog sulke bepaalde Days of Our Lives-agtige draaiboeksages.
Die ou Russiese spioenasie-agentskap KGB, wat ook nie meer bestaan nie, het seker al sedert die Vyftigerjare beweerde dubbelagente in Britanje met soortgelyke chemiese bose planne om die lewe gebring. Dit het kwalik ‘n kolom in die plaaslike media gehaal, maar met die Wêreldbeker vir Sokker op hande in Rusland, raak die hele Westerse wêreld en hul media waansinnig toe die Russiese agent Skripal ‘n moordaanslag teen sy lewe oorleef.
Okay, meeste van ons hou nie van sokker nie, so ons gaan nie omgee as die Britte die World Cup boikot nie. In Sirië skiet Siriërs sewe soort perdemis uit mekaar uit, en volgens Donald Trump het hulle met chemiese wapens op kinders geskiet. Nou, Donald Trump is die eerste VSA-president wat sy land deur middel van Twitter regeer, en die Russiese FSB, en Hillary Clinton sit met ingehoue asem en wag oor wat hy nou weer gaan Tweet.
Ek het al gesit en wonder of ek nie die ou moet stront hap op Twitter nie. Regtig.
Hier wil ons plaasgrond afvat, in Australië wil die Aussies hê ons moet daar bly, dan weer wil hulle hê ons moet bokkeroff, dan verneuk hulle in krieket, Kwazulu-Natal word ‘n terroriste-aantreklikheid as toeriste weggewys word, en stadig maar seker is die hele blerrie wêreld besig om blaffend mal te word.
Wat maak ons?
Ons stig nog ‘n kerk, ons beskuldig die buurman dat hy vir die DA stem, ons vermoed die stadsraadslid sit agter plaasaanvalle, en Vrydag donner ons maar weer terug Loftus toe. Kom nou kêrels….regtig…??

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button