BlogsOpinion

40-something and gravity goes forward

My fortieth verjaarsdag het ek myself belowe, ek gaan nie soos die res van die wêreld se vroue word nie

Nou goed, mansmense, hierdie notification is vir julle, so luister mooi – ek weet julle luister nie gewoonlik nie, maar fokus gou ‘n oomblikkie vir my: liewe man, druk toe jou ore en jou oë, jy is welkom om te lees, maar ek aanvaar geen verantwoordelikheid vir watse prentjie in jou kop geskilder word nie; asook enige naarheid wat mag opduik as gevolg van daardie image nie – hou maar die Eno byderhand.

My fortieth verjaarsdag het ek myself belowe, ek gaan nie soos die res van die wêreld se vroue word nie. Daar sal geen ta-da oomblikke wees van skielike gewig optel en ekstra skete nie. Veertig is tog immers net ‘n nommer after all.

En jy is net so oud soos jy voel, en glo my, die dag toe daai 4-0 opdaag, toe voel ek soos ‘n 20 something babe!

Obviously het ek die memo gemis wat sê dat die en daai gebeur na 40. Ek het mos my aansoek ingedien om menopause en oudword-dikkeliciousness te skip. Menopause het ek wel nie, maar o hel die ander goed het wraggies hul verskyning gemaak. Ek is nou al ‘n wyle oor 40, en ek fight verbete voort. Fight teen die dikgeid. Fight teen die plooie. Fight teen die grysheid. En ek fight soos ‘n teenage Beauty queen teen Mollige Mary. Ek ‘diet’ laat dit vrek; ek sny die verdomde carbs en suiker uit en elke ding. Maar ou Sarie Suiker kom klop gereeld aan my deur, en dan maak ek maar oop. Want die lus hang aan die hoeke van die mond, en die spoeg drup op die grond. ‘n Mens lewe ook mos maar net eenkeer.

Maar anyway, so gaan koop ek vir my ‘n baadjie iewers in die week… en ek koop hom reg in my size soos wat ek al die afgelope jare koop. Maar mens, sal die verdomde ding toe nou nie oor my unmentionables wil toezip nie! Ek is sommer hoogs die duiwel in!

Wanneer het my lae alfabetiese cup size gestyg na ‘n hoër cup size, rakende aan nommer 4 in die alfabet, nogal?! Wanneer het my attributes in die van Pamela Anderson sin ontplof? En daar moet ek wraggies ‘n groter size gaan koop sodat die blerrie zip oor Mount Everest-times-two kan toemaak! So blykbaar groei nie net my agterstewe en maag nie, want Betty Boob en haar cousin het nou ook klaarblyklik kom blyplek soek.

En al gooi ek daai hardnekkige kilo of 5 af – sit daai susters, kom wat wil! Hulle neig nie eens terug na die original size toe nie… En daarmee moet ek dan nou maar vrede maak… jou lyf verander na 40. En dis nie eens my operasie se skuld nie. En die dokter sê ek is nie veronderstel om gewig op te tel nie, en ook nie om ‘n Pamela Anderson look-alike te wees nie.

Asof hý sal weet! En al wat ek nou daaraan kan doen is om nou maar trots en kop omhoog eerste met my vooruitstrewendheid die vertrek binne te stap; en dan volg die res van my lyf maar sak-hangerig agterna… it is what it is!

ALSO READ: Rona glitter van oor tot oor


                   Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button