BlogsOpinion

Road-trip down memory lane

Maar dit het ons geleer dat 'n 'veltie' baie makliker is - geen masker en sanitizers is nodig daarvoor nie

So… dus… met ander woorde… mens verjaar net eenkeer ‘n jaar, en wanneer mens tydens lockdown verjaar is dit 10 keer erger. Geen kuier, geen vriende, geen alcohol (want dit is reeds opgedrink) en geen fun! Maar gelukkig het hierdie verouderingsdag van my tydens level 3 plaasgevind en ons mag in ons eie provinsie rondbeweeg.
Nou kyk, vir road-tripping-professionals soos ons, was die afgelope paar maande ‘n absolute straf. Dit is amper so erg soos om in die hoekie te moes sit as ‘n drie-jarige; wanneer jy gedink het jou kuns hoort op die sitkamermuur eerder as papier. En vir drie minute lank moes jy dan nou in die ‘stoute hoekie’ gaan sit en sulk. Ek het dit met die tiener en die halwe een ook gedoen, behalwe dat hulle eers ‘n skroplappie en seep moes vat en die muur skoonwas. En dan is hulle beloon met ‘n three-minute time-out daarby, en dit het ook net gebeur as die geduld baie was. Andersins kry hulle met ‘Flowers’ te doen; ‘Flowers’ is ‘n lieflike blomgeverfde paplepel wat ‘n baie spesiale magic omtrent haar gehad het. Wanneer ‘Flowers’ vanuit die laai verskyn, het die tiener en die halwe een se attitudes handomkeer verander en dit was ‘ja mamma en nee mamma’. Maar ‘Flowers’ het net verskyn wanneer mamma se geduld-o-meter in die rooi gedruk was.

Maar anyway, terug by die lockdown en roadtrip issue – dus het Madam ons toegelaat om darem nou so bietjie meer freedom te geniet. En dit was dan nou ook die cue vir ons road-trip, want die SUV se tyres het al gehuil vir die langpad en haar enjin kla elke dag oor die kort afstande.

Dus het sy die teer onder haar tyre-tekkies soos soetkoek opgeëet. Van Maart tot nou – ek wou net verby die buitewyke van die dorp kom. En wanneer jy ‘n addict vir natuur is soos ek, is hierdie lockdown genoeg om jou in ‘n depressie te laat verval. Siel-goed-voel-trippies: al moet jy wanneer jy by die garage stop om uriene uit te passeer, jou masker opplak en jou hande sanitize.
Maar dit het ons geleer dat ‘n ‘veltie’ baie makliker is – geen masker en sanitizers is nodig daarvoor nie. En die vars luggie wat so op die agterstewe waai bring mens net nader aan die natuur. Alhoewel die halwe tiener van ons verskil – sy verkies ‘n badkamer.

Ek wil aan die eenkant met haar saamstem, want wanneer daar ‘n skielike briesie opduik, kan dit nogal noodlottige gevolge hê wanneer jy reeds besig is met die ‘natuurlike’ dinge. En indien jy ‘n road-trip-professional is sal jy weet waarvan ek praat. Maar dit is tog wat roadtrips bietjie oomf gee. Dis daardie ‘onthou jy nog’ oomblikke.

Die roadtrip wat in ons lewens seker altyd sal opduik is een van die menige trippies Namibië toe.
Ons slaap in die kar by ‘n garage; die badkamer dien as ‘n ensuite en die local convenience shop voorsien jou van kookwater vir koffie. Wanneer ‘n klankie vanaf jou mede-reisiger jou neusgate laat opgooi, word daar gestop, roll-on gesmeer en klere geruil. En dan word daar ook sommer ‘n bietjie water gesplash daar waar dit nodig is; tande word geborsel so op die bonnet van die kar. ‘n Gebraaide Woolies hoender en rolletjies dien as ontbyt en middag-ete (rations), want vir honderde kilometers sal daar nie weer ‘n winkel in sig wees nie.

Maar ongelukkig het hierdie Jumanji-jaar baie road-trips van ons kom steel, maar een ding wat hy verseker nie sal kan steel nie, is ons memories. En memories sal ons aanhou maak, al moet ons dit onder ingeperkte omstandighede en sneaky beach moments doen – it is what it is!

ALSO READ: Queue staan vir Harry Potter se magic wand (aka swab)

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button