
Tik Tok – ja, dit is die nuwe craze waaroor Trump ‘n herrie opskop, maar ook die craze waaroor meeste jonges nou gaande is.
Maar kom ek deel ‘n geheimpie met jou; dis nie net die jonges wat tans Tik Tok nie – ouer mans en dames is net so Tik Tok struck op die oomblik. En vergeet nie van die celebrities wat hulself op die manier bemark nie. Slim sou ek reken.
Die tiener en die halwe een het elkeen ook ‘n Tik Tok account – en naturally sal ek dan ook een hê want ek moet sien wat daar gepost word.
En so gebeur dit een Sondag dat die halwe tiener my convince om ‘n Mom and Daughter Tik Tok challenge te doen. Met puppy dog eyes en ‘n pouted lip oortuig sy my. Die song is vinnig en die moves nog vinniger. Ek kyk die video oor en oor, om die moves te probeer onthou. Gelukkig is ek heel ritmies en vang vinnig die song, maar die moves lyk ietwat complicated. Dus dwing dit my om die video se moves uit te oefen in real life. DRIE keer oefen ek, en die breinpaadjie na my onthou-selle is uitgelê. Maar min het ek geweet dat die moves ander dele van my ligaam gaan aanpor om te ruk en skud. Die boude hop soos balle agter my aan (elkeen op sy eie ritme moet ek byvoeg), die unmentionables vlieg so hoog op, hulle gee my amper ‘n blou-oog, en ek moet ‘n Mike Tyson move doen om betyds uit die pad te kom. Die maag-tjoepie weet nie wat haar getref het nie, en sy skud en ruk maar net in alle rigtings saam met die musiek. Die arm-lelle hang laag en vou amper dubbeld boontoe soos wat ek my arms oor die kop swaai. Nou kyk, indien jy ‘n scarecrow look-alike vir jou groentetuin gesoek het, het ek sopas die practical ge-ace.
Maar nietemin, die halwe tiener is happy en die tiener wat die video moes neem het homself verlustig in sy ma se manewales. Die halwe tiener het nie op haar laat wag nie, en het dadelik die video op my account gepost met hashtags van ‘momsoftiktok’ en ‘momsover40’ en natuurlik tag sy haarself ook. Ek staan verbysterd oor hoe vertroud sy met die app is. Haar confidence level laat my sprakeloos. Sy act en dans soos ‘n professional op haar eie account. Totally opposite to her real life personality, of dalk gee Tik Tok haar die confidence om haar actual droom uit te leef sonder om gejudge te voel deur mense – nie dat sy confidence lack nie, maar sy sal nie sommer ‘n show in die sitkamer vir ons gooi nie.
Maar anyway, daar word ‘n close eye op my account gehou en elke keer hoor ek ‘n gejuig soos wat die ‘views’ en ‘likes’ klim. DIT spoor haar toe mos net verder aan om vir my nog videos te kry om te maak. En soos ‘n well-trained halwe tiener, weet sy presies waarna om te soek. Alles wat met gin en / of wyn te doene het word vir my gesave as ‘n moontlike opsie.
Hierdie Tik Tok craze is stadig maar seker besig om fun te raak. Ek is miskien nie the world’s next Tik Tok star nie, maar ek geniet myself; en of ek nou daaroor gejudge word en / of oor iets anders wat ek dalk mag doen… dit skeel my min – it is what it is!
ALSO READ: Rona het my convert na ‘n Flintstone werewolf
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






