BlogsOpinion

When a fantasy becomes a reality: A real-life experience

My hart klop in my keel - this is it - ek gaan nou tussen moordenaars en verkragters sit

Ek is ‘n CSI, crime investigative en criminal drama junkie! Ek kan dag in en dag uit omsit voor die TV met crime stories. My favourite is natuurlik – I almost got away with it, die kriminele word soveel keer amper gevang voordat hulle weer wegkom – dit gee my ‘n adrenaline kick.

So word ek uitgenooi na die seksie Medium A by die Korrektiewe Dienste. Dis hier waar al die moordenaars en verkragters aangehou word. Ek is vrek senuagtig, maar tipiese criminal drama junkie wat ek is, bruis die adrenaline deur my are. Ek is onseker oor dit wat voorlê. Want jy moet nou onthou, ek het die tv reekse in my kop en ek het ‘n vooropgestelde idee oor hoe dit binne-in die tronke is. Van hoe die ‘gangs’ in die court yard rondlê, met ‘n skiewie wat die rondhol werk doen. Dis met hierdie idees in my kop waarmee ek ingaan. Eers moet ons deur die algemene hek. Die tweede hek, is net aan die binnekant van die afdeling waarna ons gaan. Die drade is hoog, en die lemmetjies drade laat geen gaatjie vir ‘n spinnekop om deur te kruip nie. Die benoudheid pak my beet, en ek moet ‘n paar keer diep asemhaal om nie my ‘wits’ te verloor nie. Ons word weereens ontsmet en ge-sanitize soos wat dit tans vir Rona vereis word. Maar daar is ‘n probleempie, ons het selfone by ons, en ons mag dit nie inneem nie. Die beampte moet eers spesiale toestemming kry, want ons wil graag opnames maak oor die gesprekke wat gevoer gaan word. Gelukkig het ons reeds clearance voor die tyd gekry vir die kameras. Sowat 15 minute gaan verby voordat ons die groen lig kry, en die selfone mag ingaan.
My hart klop in my keel – this is it – ek gaan nou tussen moordenaars en verkragters sit. Ek gaan hulle stories hoor – first hand. Weer kom ons by deure, swaar metaal-deure, en ‘n ‘wagwoord’ word gebruik sodat die beamptes van binne vir ons kan oopmaak. Weereens word daar vorms ingevul en ons kry ‘n visitor’s kaartjie. Ons gaan deur swaar metaal swaai-hekke, en ek bly redelik naby aan die bewaarders. Ek loop basically op hulle hakke, want ek gaan nie nie jok nie, ek is bang. Ek klou my kamera-sak vas, en ek maak seker my selfoon is veilig in my sak. Ek het net een te veel crime stories gekyk om die image in my kop te probeer deny. Daardie image van hulle hou jou hostage en hoe die S.W.A.T team ontbied moet word… ja ok, ek sal my crime time op tv moet limit. My verbeelding hol met my weg. But it could happen – just saying.

Ons loop deur die gange waar die selle is, die selle is almal leeg, die inmates is buite in die court yard – en die ander is in die vertrek waar ons hulle stories gaan aanhoor. Ek voel hoe hulle oë op my brand toe ons instap, maar ek voel nie ongemaklik of onveilig nie – dis weird. Ek sit en luister hoe hulle vertel van hulle crimes – moordpleeg en verkrag – ek voel siek! Maar ek luister ook hoe hulle die besluit geneem het om hul lewens om te swaai. Wat hul gedryf het om die misdade te pleeg, en wat hulle gedryf het om te repent. Alles word vertel – die waarheid – gehard en rou. Die trane brand agter in my oogkaste, maar ek kyk nie op nie, ek kyk niemand in die oë nie – ek kan nie. Ek is te bang. Bang dat ek dit wat in my kop aangaan gaan weggee. Ek kan die emosie van remorse in hul stemme hoor, maar ek hoor ook hul slagoffers se gesmeek in my kop. My eie emosies bots met mekaar. Ek mag nie judge nie, hulle is reeds ‘gejudge’.
Ek is verlig toe die gesprekke tot ‘n einde kom – ek wil hier uit. Ek voel ingehok. Die vars lug buite slaan my soos ‘n vuis in die gesig. Ek is dankbaar vir die ondervinding. Ek gaan met nuwe oë na my crime series kyk – it is what it is!

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Carlien Grobler

A community-based journalist at Vryheid Herald since 2019, reporting on everything from hard news to human interest stories and sports, keeping the community informed

Related Articles

Back to top button