BlogsOpinion

Vryheid KZN: Merlot (wine or colour) fixes everything

Skielik kom ek tot my sinne, en ek sien hoe twee oë in die spieël na my terug staar

Merlot (wine or colour) fixes everything

Nee.. nee… nee… nee… my brein weier om dit wat sy sopas gesien het, te registreer. Dit kan nie wees nie, hoe is dit moontlik? Ek was dan so versigtig, en hoekom kon ek dit nie sien nie. Die tekens was tog sekerlik daar, maar ek het geweier om hulle raak te sien of selfs te eien. Ek het dit gemis, en nou sit ek met die gevolge… kan ons hierdie fix? Ons moet net, ek gee nie om wat ons moet doen om dit te reg te stel nie. I will go to extremes om net hierdie skande toe te smeer. My vrek, ek is maar net-net oor die ouderdom van 40 (ok, 4 jaar oor maar nogsteeds) en nou gaan ek met hierdie gemors sukkel vir die res van my lewe.

Skielik kom ek tot my sinne, en ek sien hoe twee oë in die spieël na my terug staar. Ek word sommer so rooi in die gesig – ek het sopas gerant en rave in my kop – en die dame agter my het my obviously ‘n vraag gevra. Net jammer ek was so bietjie besig in my kop, ek het die hele verbale gesprek gemis. Ek glimlag suutjies, en gluur weer na my refleksie in die spieël. Sy noem my naam, en my verwilderde oë gee weg dat ek geen woord geluister het nie. Sy praat weer: “Watter kleur?” Ek kry my asem terug en vra ewe verleë: “Is daardie rytjie hare wat jy sopas oopgekam het, gryshare of is dit die lig wat so op my hare val?” Ek wil nie die antwoord hoor nie, maar in my binneste weet ek reeds wat die antwoord is. Sy glimlag met haar sagte oë vir my en sê: “Ja, dis gryshare – ‘n hele ry van hulle.” Ok, ok jy hoef dit nie so kras te stel nie, maar ek weet sy sê dit op die sagste manier moontlik. Dit voel net vir my so ietwat hard en ongenaakbaar – my siel is broos op die oomblik, onthou.

My hart plons tot in my boots – in stukke – skerwe – flenters! Die skok is te groot, en ek voel die drang na ‘n glasie ‘iets’ net om die senuwees te kalmeer. Hoe de hel het ek daardie gryshare gemis. Ek sjampoe en stilleer tog elke dag my hare. Nog nooit, maar nog nooit het ek die ry gryshare gesien nie. En om te dink, ek het myself by almal ge-pride dat ek nog geen gryshaar op my kop het nie. En let wel, ek verwys na één gryshaar, nie ‘n hele damn ry nie. Ja, ok ek kleur my hare, maar ek het bietjie meer as ‘n maand terug gekleur. Met ander woorde daardie verdomde ry gryshare het binne ‘n maand op my kop verkleur!

Iemand sal moet pa staan vir hierdie disaster en ek weet sommer klaar wie gaan die sondebokke wees. Dis die tiener en die halwe een se skuld – hulle gee my letterlik gryshare. Die geworry soos ‘n tipiese Aunty Stienie – ek worry oor hulle skoolwerk, hulle veiligheid… die tiener se buie tel ook deesdae op. So ek skryf my ry glinter-perdjies aan sy humeurigheid en tiener tantrums toe. En dis toe dan nou ook sommer waar ek besluit op ‘n merlot kleur om my te herinner aan ‘n glasie ‘ietsie’ wanneer dinge te veel raak, en dan ook om aan te pas by my feisty-geit soos daar al ‘n paar keer te veel na my verwys is. Ek is ‘n bottel-merlot-redhead SONDER gryshare (vir nou) – merlot fix alles – it is what it is!


Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button