
Alle vroue – ok kom ons sê meeste vroue – gebruik en dra makeup om hul stralende persoonlikhede net so ietwat meer te enhance.
En naas skryfbehoeftes koop (ja, dit is iets waaroor ek absoluut gek is) is makeup koop een van die dinge waarop ek sal splurge. Ek weet nie wat die broodwinner daarvan sê nie, maar come on – alle mansmense wil tog hê dat die ander helfte sal mooi lyk terwyl ons skel en skree. En wat is ‘n beter manier om ons monde stil te hou as om die goue kaartjie in ons hande te druk en te sê: “Gaan koop wat jou gelukkig maak”. Nou ja, ander vroue hol vir die kruideniersrakke ander mik vir klerewinkels, en ek, ek mik vir die makeup rakke.
Ek is nie te erg vol fiemies nie, handelsname pla my min solank ek kry waarvan ek hou. Behalwe my onderlaag – dan soek ek die beste moontlike brand – en een wat ek al vir jare gebruik. Maar deesdae moet ek mos nou die ‘Age Defying’ een gebruik wat bietjie meer vir die ouer vroue aanbeveel word. Maar so het elkeen van ons maar ons preferences van wat werk en wat nie. En ja, as ek dan nou maar so bietjie mag byt, daar is party produkte wat NIE vir sekere vroue werk NIE, en dis duidelik sigbaar – almal anders sien dit, behalwe hulself. Maar hulle pronk steeds met hul clown-geverfde gevreetjies en dink die wêreld aanbid hul voetjies. En dan kom daardie bitsigheid van ons Eva’s mos maar deur en daar word so agter die hand geskinder oor mekaar se flaws. Maar anyway, terug na die makeup candy shop… jy bekyk en lees weer en probeer die ‘tester’ totdat jy jou perfekte produk kry. Dis soos ‘n jackpot-slot-machine-gevoel. Dan – kom by die betaalpunt en die vyf klein buisies produkte kos jou oor die duisend rand! Dan voel dit asof jy gesplurge het, maar in werklikheid het jy net die nodigste gekoop, of dit wat op ‘n kamtige ‘special’ was.
Maar nietemin, jy het dit nou gevat, en betaal moet jy betaal, maar skielik word daardie goue kaart ‘n stuk rubber wat gerek moet word. Vir ‘n oomblik voel jy skuldig oor die bedraggie op die til se skermpie, maar dan kom jou oortuigende vroulike redenasievermoë deur en jy besef dat jy dit vir die beswil van society doen. Want het hulle jou al sonder makeup gesien?! So jy ag dit jou plig om society se oë te beskerm teen die aanskoue van ‘n Peppermint Patty lookalike… Selfs ou Charlie Brown kan nooit eien of sy ‘n dude of ‘n dudette is nie…
Maar anyway – het jy al jou makeup try oopmaak nadat jy dit gekoop het?
Liewe genade, dit vat my seker amper ‘n uur om daardie plastiekomhulseltjie van die produk af te kry! Wie het aan die verpakking gedink – dit moes sekerlik ‘n man gewees het! Dit is net ‘n man wat so aspris kan wees om ons eers te laat stoei en sweet om daardie papiertjies af te kry… jy trap daai omhulseltjie met jou slaptjips-tone teen die vloer vas en trek hom boontoe met jou tande – maar dit move nie! Teen die tyd wat die papiertjie af is en jy daarby uitkom om jou makeup aan te sit moet jy alweer gaan stort! Makeup en mansmense is eenders – hulle smudge wanneer hulle nie moet nie en maak die eenvoudige dinge in die lewe soms net moeiliker! It is what it is!
ALSO READ: Ma-wees is nie vir sissies nie!
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






