
This boggles my mind – wanneer het social media die plek geword waar mense hulle issues gaan splash?! In die verlede, wanneer jy ‘n issue met iets of iemand gehad het, het jy dit persoonlik of telefonies uitsorteer. Telefonies is nogsteeds soort van persoonlik want at least is daar ‘n stem aan die anderkant. Maar met Facebook en Instagram het jy slegs ‘n geclick-click agter ‘n keyboard – en boy oh boy, jy kry mense wat heeldag en aldag agter daardie keyboard sit en vingers klap – hulle sit soos aasvoëls om te sien wie waar opfoeter sodat hulle dit vir hul eie persoonlike vermaak kan gebruik en rond splash. Daar is ‘n term vir sulke mense: keyboard warriors… en dan wonder ons hoekom die mensdom besig is om die afgrond in te foeter. Nice voorbeeld vir die jongelinge, nê?!
Wag… wag… wag… dan is daar die mense wat ‘n foutjie hier en daar sien en die foto neem en op Facebook gaan plak. Ek verstaan dit glad nie; share jou oulike goedjies en jou snotneusies op jou wall, by all means. Facebook is ‘n wonderlike tool mits dit positief aangewend word. Ek gebruik dit onder andere om my fotos in albums te stoor. Want dit het nou al gebeur dat my foon crash, en ek al my fotos verloor het. En ek share graag ‘n oulike of snaakse dingetjie hier en daar, en dan share ek my sparkling personality met die wêreld (haha) en selfs ‘n paar wyshede oor die lewe. En moenie vergeet van die Gin nie – sy is ook gereeld op my wall of shame geplak. Maar ek sien nie die doel daarin om iemand anders se naam swart te smeer op Facebook nie; watse genot kry jy daaruit om ander mense in jou kokon van wraak en venynigheid in te lok?! Soos ‘n verleidelike spinnekop spin jy jou web van veroordeling om mense in vas te vang, en soos Moonpie sal sê, “ok and then what?”
En dan sê ek weer, wat word van ons opregte, eerlike nasie – wat gaan van ons kinders word as ons hulle leer van wraak, venynigheid en plein reguit mislikheid? Want ongelukkig is daar nie ‘n ander beskrywing daarvoor nie, want niemand gun die son oor ‘n ander se kop nie. Dit werk so, wanneer ons die ander een kan laat sleg lyk of ‘n company se naam deur die modder sleep, dan kry jy mos meriete in die gemeenskap? Uhm… nee hoor! Daar is hierdie buzz woorde deesdae van ‘name and shame’ waarna almal gryp om mense ‘op hul plekke te sit’. Wat bereik jy daardeur? Het jy vir een sekonde gesit en dink of daardie persoon nie dalk ‘n rede het nie? Het jy nie dalk daardie reaksie getrigger nie, en nou voel jou ego gekrenk en moet jy gou ‘wo/manly’ ‘n Karen op jouself trek? Daar is tye wanneer jy te na gekom word, ja – maar, dude, gaan vat ‘n koue stort en gaan sort dit dan persoonlik uit. Hoekom dit op ‘n sosiale platform gaan splash vir mense wat nie eens die werklike storie ken nie om te lees. Dan gooi daardie oningeligte mense hulle 10 rande (waarde van geld het geval, so two cents werk nie meer nie) ook nog in die comments blok.
My opinie is sterk hieroor want ek moes al te veel kere sien hoe daardie ‘keyboard warriors’ mense en companies se lewens verwoes. So, voordat jy volgende keer weer jou ‘keyboard gun’ uitruk, dink net eers… ken ek die volle verhaal en is dit werklik nodig om daardie persoon / company te straf met my venynigheid. Die lewe is moeilik genoeg, mens het nie ander se ongenaakbaarheid op Facebook ook nog nodig nie – so raak vir my rustig Karen, en drop ‘n disprin – it is what it is!
ALSO READ: Kouse, wasdag en egskeidings!
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






