
Ek word op ‘n daaglikse basis gevra oor die naam van my blog. Hier is my gorrelende verduideliking:
Witwyn was my voorkeur drankie. Dis iets wat ek by my middel-sus leer drink het, as ek haar middel-sus kan noem, want ons is ses kinders, so wat tel dan nou as middel – die een bo nr 3 of die een onder nr 3 – maar anyhow, sy het my leer drink. Nee wag – rephrase – sy is darem afterall ‘n reputable woman, you know. Sy het my WITWYN geleer drink. Ek het rooiwyn probeer, maar dáái was havoc in ‘n glas! Drink ek rooiwyn, klim ek op tafels en ek dans soos Delilah! So, rooiwyn was taboe!
So ontmoet ek toe die ander een, op ons eerste date drink ek wéér net ‘n droë wittetjie en die ander een drink die diep rooie. Ek verduidelik ook sommer dan nou al op die eerste date, dat sy diep rooie my ander persoonlikheid unlock – my alter-ego wat ons liewer diep in Pandora’s Box moet wegbêre. En gentleman wat hy is, belowe plegtig dat daar geen rooiwyn aan my gegee sal word nie. En vir jare daarna het die diep rooie nie oor hierdie lippe gegaan nie. Tot eendag, toe die reuk my soos vars gebakte brood verlei het. Ek drink toe sommer so groot sluk en niks…. net mooi niks het gebeur nie. Geen tafels is bespring nie, en geen wulpse danspassies is uitgevoer nie. Ek het groot geword… dus kan ek nou grootmens-drankies drink… en my liefde vir die dieprooi verversing het ge-blossom in die volstoom liefdesverhouding wat ons vandag het… of so het ek gedink! Toe kom pluk daardie verleidelike fermented Jenewer bessie vloeistof (Gin) hier aan my neusgate. En so cheat ek toe op Dieprooi… en Dieprooi word al hoe meer na agter in die kas geskuif. Die ander een bederf my selfs vir Kersfees, en koop onder andere vir my so pienkerige chocolate en berry Italiaanse nommertjie – vir haar is ek bitter suinig, sy word net uitgehaal wanneer die common pienk-tonic-ready-mix reeds opgedrink is!
Om terug te kom by die naam vir my blog… jy kan nou agterkom. Gin het my afgevry by Dieprooi. Die gedagte kom toe by my op, dis eintlik heel eenvoudig… as mense hulle Vodka in waterbottels kan gooi, kan ek mos my Gin in ‘n koffiebeker gooi! Maar koffiebekers kom so effe butch voor vir Gin se delicate taste en dit voel disrespectful teenoor haar. En net daar strike dit my… gooi vir Gin in ‘n teekoppie… dan lyk ék dainty en sy kry royal status! En dis hoe Gin-in-a-teacup gebore is….it is what it is!
ALSO READ: Wanneer die masker jou pas, trek hom aan
Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates






