BlogsOpinion

Vryheid KZN: “Revenge is a dish best served cold” – Spinfather (Godfather)

Maar nee, hulle tart my... hulle lag vir my in hul hoë oktaaf klein spinnekopstemmetjies!

Soos almal nou al weet, ek is ‘n werkende mamma met ‘n tiener en ‘n halwe een. Ek het nie ‘n feëtjie wat my huis magically in Cinderella se kasteel kan omtower nie. Ek het een gehad maar ek verkies om self te werk, en ek verkies dat die tiener en die halwe een hul deel bydra want eventually moet hul responsibility leer. En watter beter manier om hul te leer as met ‘n besem in die een hand en ‘n mop in die ander. MAAR so tussen die lewenslesse deur, het ek ‘n stryd en my stryd is real! Spinnekoppe!

Vandag was weer een van DAAI dae – jy weet, die een waar ek my cleaning-overall aka pajamas aantrek en die huis moet reinig van al die oormaat verbruikers. En hier praat ek nie van die tiener en die halwe een nie. Ek verwys na daai agt-benerige-veel-ogerige Daddy-Longlegs. Dit is selde dat daar ‘n ander spinnekop sy kop uitsteek maar dis alewig dieselfde verdomde spul. En laat ek jou nou vertel, Pappa-langbene het beslis reünie gehad! Hordes van die goed! En die ergste van als is, as my huis weke laas skoongemaak is, sou ek nog sê: ja, ok… my huis is vuil. Maar ek maak skoon – gereeld en behoorlik – even beter as wat my afvlerk feëtjie OOIT kon doen. Maar spinneroof sit! Hulle het intussen al sommer leer swem ook, ek draai daai badkrane full blast, dis soos ‘n tsunami oor hulle, en oh my word, hulle klou vir lewe en dood en wragtag skud hul daai water af en beweeg maar net weer aan. Hul hol seker nou na die Spindokter se spreekkamer, wat obviously in ‘n ander deel van MY huis is, sodat hy gou die gekneusde plekke kan dokter. Die blerrie goed het mega suction pote! Maar dan gooi ek maar die Handige André (Handy Andy), dan gly daai suction pote soos snot oor sement!

En laat ek net my rug draai, dan loer ‘n audience met 100e pare oë vir my – ek kry die neiging om massa-moord te pleeg. Hoopvol dat die Freddy Kruger-look in my oë hulle sal afskrik en laat hol vir skuiling, verkieslik buitentoe. Maar nee, hulle tart my… hulle lag vir my in hul hoë oktaaf klein spinnekopstemmetjies! En dan vererg ek my so – ek gryp die eerste lap en my arms word ‘n windmeul van verwoesting – ek slaan in alle rigtings, met ‘n Cruella-de-Vil-uitbundige lag… ek voel wel skuldig vir ‘n sekonde of wat, maar dan kyk ek op, en vier ander sit my en aangluur. Ek verloor dit hoor! Ek raak so kwaad en ek moor letterlik met my kaal hande! En nog erger, wanneer ek klaar is in die badkamer, is daar nog ander vertrekke waar ek my woede moet gaan uitmoor. En soos wat ek hier sit, emosioneel uitgemergel – raai wie sit vir my en kyk? Die spinnekop-mafia!

Dis seker die verdomde Spinfather (Godfather) van spinnekoppe! Ek is te bang om te gaan slaap vanaand, want ek dink hul is in protes teen my… Hul gaan seker hul collateral damage op my revenge en my oë toespin sodat ek môre-oggend dink ek is blind! Ag, I don’t know… ek sal maar met een oog oop slaap vanaand… maar hulle moet net weet… I’ll be back! It is what it is!

ALSO READ: Vryheid KZN: Merlot (wine or colour) fixes everything

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button