BlogsOpinion

VRYHEID: Fairytales is nie gebaseer op Darth Vader neigings nie

My bloed kook en my are trek kleiner van woede as ek net daaraan dink

My mind hardloop in sirkels, letterlik in sirkels!
Ek sit so en dink, ja ek weet, ek moet eintlik nie dink nie want dit kan gevaarlik raak, maar soms moet ek die mieliepitte bietjie in ‘n warm pot gooi sodat opinies kan ontpop. Maar anyway, wat my mind so bietjie boggle is die gewelddadigheid teenoor vroue en kinders in ons huidige samelewing. Ons het nie lank terug nie, GBV op nasionale vlak aangespreek en gedurende lockdown was menige bekommerd dat dit sal escalate. Maar danksy die drankverbod, het dit genadiglik heel goed gegaan. Maar op die oomblik is dit asof vroue en kinders die brunt is van manlike stress.

Kyk dude, ons almal ervaar stress, maar om dit op 11-jariges of jonger uit te haal, maak nie van jou ‘n man nie. En dan praat ek nie eens van al die vroue wat willens en wetens moet deurloop nie. Ons word geslaan, gemartel en vermoor net sodat jy jou ego kan streel of drank kan blameer vir jou lafhartigheid. Ek is jammer, ek koop nie jou verskoning nie – as jy wil drink, gaan slaap jou roes af maar lig nie jou hand vir jou vrou of kind nie.
Dit is onstellend om te sien hoe daar gereeld gepost word op Facebook en ander sosiale platvorms van ‘n vrou wie onherkenbaar gemoker is deur ‘n man.
Of wanneer jy lees van ‘n 11-jarige meisie in jou buurdorp wat verskeie messteke aan haar lyfie het. Sy is dood, ja dood en vir wat?! Wat kan die rede wees vir so aanval? Dis ‘n kind, my magtag!
My bloed kook en my are trek kleiner van woede as ek net daaraan dink. Ek sê al vandat ek kan onthou dat ek wag vir die man wat sy hand vir my lig, want ek wag tot hy slaap om hom by te kom met die Bauer-pan. En glo my, ek sal! Maar dan dink ek aan my ‘vriendinne’ (ons as vrouens is uiteraard outomaties vriendinne especially when fighting for the same cause) – wat vasgeval is in daardie situasie, maak nie saak hoe graag hulle daaruit wil kom nie, hulle kan nie.
Of eerder hulle wil nie, hulle word gebreinspoel dat ‘hy’ die enigste een is wat vir hulle lief is, of ooit lief sal wees – daardie unwanted feeling-saadjie word geplant en water gegee om te groei en te glo. En daar is nie ‘n groter straf in hierdie lewe as om unwanted te voel nie. Daardie unwanted feeling is wat hierdie vroue vasgeanker hou in hul situasies. En dit gee daardie mans ‘n denkbeeldige houvas op hul emosies.

Ek kan en wil myself nie in so ‘n situasie indink nie, want alle dogtertjies droom van hul fairytale lewens saam met Prince Charming. Daardie white picket fence drome, met die vyf well-behaved honde en die ses pragtige soet snotneus-kindertjies. Dan kan ek nie anders as om te dink aan daardie mans wat soos Darth Vader daardie reënboog-droom kom plunder en in donkerte omhul nie.
Die prinses word gevangene gehou in sy donker denkbeeldige kasteel en word sy Aspoestertjie van hel. Haar enigste ontsnapping is haar gedagtes… haar kleintyd ‘eendag as ek groot is’… verander in haar huidige ‘eendag as ek hier kan ontsnap’… Dus jongmanne van vandag, respekteer vroue en meisies – moenie ons kleintyd drome crush met julle Star Wars donker-karaktertrekke nie. We have fairy tale dreams and deserve a true and gentle Prince Charming – respect that – it is what it is!

ALSO READ: VRYHEID: Die Alpha Female versus die halwe tiener

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button