VENSTERFEES: ‘n Rede om fees te vier
Corlea Botha is besig om een van ons gewildste en mees-veelsydige sangeresse te word.
Kom koekeloer!
Jannie Moolman en Corlea Botha sal saam optree op 12 Augustus tydens in 2015 Vensterfees.
Jannie Moolman, Suid Afrika se mees bekroonde en geliefde tenoor is hier om te bly en harte van oud tot jonk te verower. Hy slaag daarin om sy luisteraars op `n epiese tog te neem van sy sielvolle ballades tot immergewilde opera arias, soos Nessun Dorma.
Corlea Botha is besig om een van ons gewildste en mees-veelsydige sangeresse te word.
Corlea het aanvanklik bekendheid verwerf met Ons Lieflinge saam met Rudi Claase. Rudi en Corlea het opslae gemaak nadat hulle eerste duet-album, Ons Lieflinge / Our Darlings binne agt weke goue status bereik het.
Moenie die optrede van ‘n leeftyd misloop nie!
Kaartjies vir die vertonings is op Computicket beskikbaar teen R110. Kaartjies vir alle kinderproduksies sal by die feeskantoor te koop wees.
Besoek gerus www.vensterfees.com en ons Facebookblad (Die Vensterfees) om op hoogte van die fees te bly. Kontak 083 634 8813 vir verdere inligting.



