Nedine Blom kuier saam met Vryheid Suid-Oos Gemeente
NEDINE Blom het Vryheid Suid-Oos se Jeugweek, 27-29 Julie gelei. Maandag en Woensdagaand is die laerskoolkinders met ‘n reeks van Josef se lewe, lekker sing en geestelike lofprysing begroet. Daar was voorstellings van Potifar se vrou tot almal in pajamas die Woensdagaand in die kerk. Die Dinsdagaand het Nedine meer op die hoërskoolkinders gefokus waar …
NEDINE Blom het Vryheid Suid-Oos se Jeugweek, 27-29 Julie gelei. Maandag en Woensdagaand is die laerskoolkinders met ‘n reeks van Josef se lewe, lekker sing en geestelike lofprysing begroet.
Daar was voorstellings van Potifar se vrou tot almal in pajamas die Woensdagaand in die kerk. Die Dinsdagaand het Nedine meer op die hoërskoolkinders gefokus waar hulle ook in geestelike lofprysing gelei is en daar is gekonsentreer op verhoudings. Die laerskoolkinders het lekker in die saal gesing en milo gedrink.
Nedine het ook die Dinsdagoggend by Wes Kerk Saal opgetree voor Karnallie Kleuterskool, Michaelis Kleuterskool en Kokkewiet Kleuterskool. Die kleintjies het lekker gesing.
Die Woensdagoggend het sy die geleentheid gehad om by Lucas Meyer Laerskool in ‘n stampvol saal bietjie met hulle te gesels oor boelie en ook lofprysing.
Die Woensdagaand by Vryheid Suid-Oos is afgesluit met ‘n bywoning van 215 kinders, ‘n lekker koppie milo en ‘n mooi versierde kolwyntjie.
Die Jeug van Vryheid Suid-Oos wil weereens net baie graag die borge bedank want sonder hulle kon hierdie geleentheid nie plaasvind nie: Nico Els, KZN Bodyworks, Villa Beryl gastehuis en elke person wat betrokke was met die reëlings, klank en voorbereiding.
Graag wil die Jeug ook elke ouer wat die moeite gedoen het om hulle kinders te bring of die week bygewoon het bedank.
Dankie Vryheid dit was ‘n sukses en sal nie gou vergeet word nie.




