Editor's choiceLifestyle

In memoriam – Marie Boucher

MARIE Boucher was ‘n baie bekende persoon in die gemeenskap. Deur die krag van die Here het sy baie mense gehelp en geleer, als te danke aan ons Hemelse Vader. Marie was op die Ward 8 kommitee waar sy ook baie betrokke was met projekte vir die gemeenskap. Sy het ‘n naaldwerk opleiding sentrum gehad …

MARIE Boucher was ‘n baie bekende persoon in die gemeenskap. Deur die krag van die Here het sy baie mense gehelp en geleer, als te danke aan ons Hemelse Vader.

Marie was op die Ward 8 kommitee waar sy ook baie betrokke was met projekte vir die gemeenskap.

Sy het ‘n naaldwerk opleiding sentrum gehad waar sy mense geleer naaldwerk doen het en sodoende ook geleer van bemarking en hoe om hul goedjies te verkoop en hoe om kostes en wins uit te werk. Hulle is geleer vanaf waar hul niks weet nie tot waar hul wou weet soos sweetpakke, patrone maak ens. Die opleiding sentrum het baie vir haar beteken want God het altyd voorsien ten opsigte van donasies wat altyd gegee is.

Ook het sy ‘n sopkombuis gehad waar sy vir die minderbevoorregdes kos uitgedeel het in en om Vryheid. Nie net kos nie, maar ook klere, komberse en vele meer. Daar het sy ook weer die geleentheid aangegryp om die Evangelie te verkondig, wat vir haar baie belangrik was.

Sy het altyd ‘n oor gehad waar sy na almal geluister het en enige iemand kon na haar toe kom en met haar praat oor enige iets. Altyd ‘n positiewe antwoord gehad, soos afgelei deur mense wat daarvan gepraat het.

Vryheid sal haar ongelooflik baie mis!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button