Local news

Museums wat jy hierdie vakansie moet besoek

Om ‘n museum te besoek is pret vir die hele gesin.

As jy ‘n liefhebber is van geskiedenis en kunste is, is Desember die perfekte tyd om die museums in die omgewing te besoek. Veral as jy met Jan tuisbly se karretjie ry, is dit lekker om te weet wat daar in jou omgewing is om te doen. Om ‘n museum te besoek is pret vir die hele gesin.

Riemland Museum, Heilbron
Die museum beeld die geskiedenis van Heilbron uit, geskiedenis van die Riemland, die Joodse invloed, Slag van Vegkop en die Voortrekkers, ABO, besonderse mense van Heilbron en ook die suksesvolle besighede van Heilbron. Riemland Museum op Heilbron is verseker die moeite werd om te besoek. Jy kan die Riemland Museum op Vrydae tussen 09:00 en 14:00 besoek.

FAK se Udolpho Rivierplaas (Ouma se huis), Parys
Ouma se Huis Museum staan as ‘n bewys van die ryk erfenis van die Afrikaanse kultuurgemeenskap in die streek. Hierdie relatief nuwe en bekoorlike juweel nooi besoekers uit op ‘n reis deur tyd en bied ‘n blik op die tradisies en stories wat die Afrikaanse gemeenskap gevorm het.
Die toegangsfooi is slegs R30.00 per persoon. Vir meer inligting oor die museum kan jy 056 818 1197 skakel.

President Pretorius Museum, Potchefstroom
Die President Pretorius Museum is ‘n historiese terrein wat besoekers ‘n geleentheid bied om meer te wete te kom oor die lewe en tye van President Marthinus Wessel Pretorius, die eerste president van die Suid-Afrikaanse Republiek, en ‘n pragtig gerestoureerde 19de-eeuse huis te verken.
Jy kan die President Pretorius Museum Maandae tot Vrydae tussen 10:00 – 13:00 en 14:00 – 16:00 besoek.

Potchefstroom Museum, Potchefstroom
Die museum spog met ‘n versameling artefakte, kunswerke en uitstallings wat die geskiedenis en kultuur van die streek ten toon stel. Die museumuitstallings verander periodiek en dek temas wat wissel van dorpsontwikkeling, plaaslike/streeksgeskiedenis, geskiedenis van die kultuurgroepe en inwoners van die area, tot kunswerke en kunsuitstallings van plaaslike kunstenaars.
Jy kan die Potchefstroom Museum Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 16:00 besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button