Local newsNews

Dié brug is nou ‘n gevaar

Mense is gevra om nie oor die brug te loop nie totdat dit weer veilig verklaar is.

Die geskiedkundige 1919 hangbrug oor die Vaalrivier in Parys is onveilig.

Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit het in ‘n dringende kennisgewing wat vandag uitgereik is, inwoners van Parys en besoekers gewaarsku dat een van die kabels van die historiese brug gebreek het en die brug daarom nie veilig is nie.

Vir mense se eie veiligheid en die veligheid van ander is gevra dat daar onder geen omstandighede nou op die brug geklim of geloop moet word nie, en om aktiwiteite naby die brug te vermy tot verdere kennisgewing. Versperringsband is ook by die  brug aangebring om mense te waarsku teen die gevaar.

Die munisipaliteit sê verder dat inspeksie en herstel van die brug hoë prioriteit geniet om te verseker dat dit weer veilig sal wees vir die publiek. Die brug sal egter gesluit bly totdat herstelwerk gedoen is en die brug weer veilig verklaar is.

Intussen is mense se samewerking om die waarskuwing te gehoorsaam van uiterste belang.

Veral ouers is dringend gevra om seker te maak dat kinders nie naby die brug gaan nie, en ook nie in die rivier by die brug te swem wat hul lewens sodoende in gevaar kan stel nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button