Vaaldam is vanoggend 25,56% vol. ‘n Totaal van 17,5mm reën is in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet. Invloei is teen 1 071,83 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 17,5 kubieke meter per sekonde.
Barrage het nou twee sluishekke oop.
Vir Parys is bewolkte weer vir vandag tot en met Vrydag voorspel met temperature onder 30 grade maksimum.
Reën is weer vir die naweek tot en met Maandag voorspel.
Vir boere kom die reën van die afgelope week op ‘n goeie tyd en is daar groot dankbaarheid vir die genadewater.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



