Local newsNews

Soektog in Kliprivier duur voort na vloedwater bakkie meesleur

Die weerdiens het ook gewaarsku teen swaar reën, wind en hael wat vir vandag oor die suidwestelike deel van Mpumalanga en die verre oostelike dele van die Vrystaat provinsie verwag word. 

Polisieduikers het vroeg vanoggend begin met die soektog na die insittendes van ‘n bakkie wat vermoedelik Saterdagaand reeds deur vloedwater van ‘n laagwaterbrug buite Heilbron op die S281 meegesleur is. Van die insittendes was klaarblyklik ook kinders is verneem.

Die polisie is vanoggend in kennis gestel toe die voertuig in die water gesien is.

Die voertuig is intussen uit die water gehaal, en word daar nog gesoek na van die insittendes.

Dit het heelnag in Heilbron gereën en is daar Saterdag ook gewaarsku oor water wat oor die R57 tussen Petrus Steyn en Heilbron gestroom het.

Die weerdiens het gewaarsku teen swaar reën, wind en hael wat vir vandag oor die suidwestelike deel van Mpumalanga en die verre oostelike dele van die Vrystaat provinsie verwag word.

Motoriste moet ook baie versigtig wees vir slaggate op die R59 tussen Parys en Sasolburg. Daar is verlede week begin met die herstel van van die gate en was ‘n stop/ry-punt opgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button