Local newsNews
Kontrakteur werk aan R59 se gate
Verskeie motoriste het hier al skade met bande gehad weens die lewensgevaarlike slaggate op dié pad
Motoriste word gewaarsku om bedag te wees op vertragings op die R59 tussen die N1 oorbrug en Parys weens ‘n stop/rypunt. ‘n Kontrakteur is steeds besig met herstelwerk aan die teervlak waar verskeie gevaarlike slaggate is. Die herstelwerk sal na verwagting tot minstens April duur.
Spanne van die Vrystaatse Departement van Paaie sal terselfdertyd aandag gee aan slaggate op die R59 tussen die N1 oorbrug en Sasolburg.
Hou asseblief by spoedgrense en volgafstande, en gehoorsaam padtekens. Wees veral versigtig in reënweer en wanneer sig belemmer word.


Daar was die naweek weer motoriste op die pad wat bande verloor het as gevolg van die slaggate.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



