Local newsNews

Waarskuwing: Gevaarlike slaggat op N1 laat talle gestrand

Hou asseblief by veilige volgafstande en spoedgrense ter wille van jou en ander motoriste se veiligheid.

Sedert gisterand gewaarsku is oor ‘n baie diep en gevaarlike slaggat op die N1-suid sowat 6km na die Koppies-afrit, het talle motoriste vanoggend vroeg weer gestrand gestaan met skade aan bande en wielvellings (rims).

Umar Kato was vanoggend om 02:00 onderweg van Bloemfontein na Johannesburg toe sy motor die slaggat getref het. Beide die voor- en agterband aan die regterkant van sy voertuig is tot niet, en beide die wielvellings gebuig. Hy vertel dat in die tyd wat hy gewag het op ‘n insleepdiens,  nog vier motors die slaggat getref het.

Bo en behalwe sy skade is dit die ongerief en tyd wat verlore is, sê. hy.

Die slaggat is wel onmidellik Sondagoggend tydelik herstel, nadat dit die vorige aand gerapporteer is maar met die reën is die teer Sondagaand uitgery.

Herstelwerk aan die slaggat is Sondagoggend ook gedoen, maar aanhoudende reën veroorsaak groot uitdagings.

Vanoggend is begin om die slaggat ‘n tweede keer tydelik reg te maak, en is die span teen 15;00 steeds besig gewees, maar reën vertraag herstelwerk.  Motoriste is gewaarsku om baie versigtig te wees hier.

Herstelwerk is vanoggend weer by die slaggat op die N1 suid net verby die Koppies-afrit gedoen.

Groot skade

Bande-ondernemings in Parys vertel dat hulle daagliks kliënte help met skade nadat motors slaggate tref, veral ook op die R59 tussen die N1-oorbrug en Parys waar groot en diep slaggate veral saans en in reënweer moeilik sigbaar is.

Pieter Reynecke, bestuurder by Dunlop Express het vertel dat die onderneming al tot agt motors op ‘n dag gehad het met bandskade as gevolg van slaggate.

Sipho Towa, Vrystaatse Pad Insidient Bestuurstelsel (RIMS) voorsitter, het gisteraand gewaarsku spesifiek teen die slaggat op die N1-suid net verby die Koppies-afrit (R82), en gesê dat mense asseblief speod moet verminder, bedag moet wees op slaggate en ander gevare op die land se paaie, en ‘n veilige volgafstand moet hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button