Local newsNews

Motoriste dringend gemaan oor spoed op R59

Let asseblief op waarskuwingstekens waar gewerk word aan die pad.

Bykomende spanne sal van vandag  af aan die R59 tussen Parys en die N1-oorbrug werk by die gedeelte naby Valtrac waar die toestand van die padoppervlak ernstige kommer wek en skade vir motoriste veroorsaak.

Let daarop dat daar ‘n stop/ry-punt sal wees.

Motoriste is ernstig gemaan om gehoor te gee aan waarskuwingstekens waar gewerk word aan die pad en om spoed te verminder. Daar is diep en groot slaggate.

Die paaie departement het ook gewaarsku dat motoriste ten spyte van die toestand van die R59 tussen die N1 en Parys steeds nie spoed verminder nie. Totdat die pad herstel is, is dit baie gevaarlik.

Gee asseblief gehoor aan die waarskuwing.

Die R59 via Parys is ‘n alternatiewe roete vir die N1 en dra swaar verkeer.

Bykomende spanne sal van vandag af hier op die R59 tussen die N1-oorbrug en Parys geplaas word om skade aan die pad te herstel.

Die pad het verskeie groot en diep slaggate wat veral in reënweer en saans moeilik sigbaar is. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button