Die Schoemansdrift-brug in die Vredefort Koepel wat oor die naweek vir verkeer gesluit is, is van vanoggend af weer oop. Motors kan nou oor die brug beweeg.
Die riviervlak is vanoggend hier gemeet op 2,54m en vloei teen 1 221 kubieke meter per sekonde.
Vaaldam staan vanoggend op 115,57% met invloei gemeet teen 1 055,10 kubieke meter per sekonde, en uitvloei teen 813,380 kubieke meter per sekonde. Daar is 3mm reën in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet.
Die aanbeveling is om die huidige uitvloei by Vaaldam vandag te handhaaf.
Vyf heksluise is steeds oop by dié dam.
Bloemhofdam se uitvloei sal ook vir eers gehandhaaf word en sal die situasie later vandag herevalueer word en aanbevelings waar nodig gemaak word.
Uitvloei by Bloemhofdam is gistermiddag om 16:00 verminder na 2 500 kubieke meter per sekonde.
Barrage laat tans water uit teen 1 093 kubieke meter per sekonde.




